Rosemary en wyle Jackie Smit
Die baanbreker haaioperateur van Gansbaai, Jackie Smit (77), het verlede Woensdag tydens ‘n opehartoperasie gesterf.
Jackie en Rosemary is in 1995 getroud en het hul droomhuis, Mooiuitsig, in De Kelders gekoop en as die eerste gastehuis in Gansbaai bedryf. Jackie was voorheen aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde.
Die BK, South Coast Safaris, is kort daarna gestig. Jackie, wat ‘n WP-spieshengelaar was en voorheen deur ‘n grootwithaai aangeval en gebyt is, het besluit om gaste na Dyer Eiland te neem om die grootwithaaie te besigtig. White Shark Adventures is so gebore. Teen Mei 2000 het ‘n geskatte 5000 toeriste reeds van hul haaibesigtigings geleentheid gebruik gemaak.
Die Diving Academy CC is ook toe as die eerste Padi Duik Akademie deur hulle in Gansbaai gevestig. Die Global Shark Research Unit is ook gestig toe die Smits die Universiteit van Stellenbosch betrek het. Hulle het borgskappe bekom en logistieke ondersteuing vir 2½ jaar aan die navorsingspan gegee.
Die Smits was wêreldwyd bekend vir hul bydrae tot grootwithaainavorsing en het daarmee volgehou tot met hul uittrede. Die haaibedryf, wat deur hulle begin is, het intussen floreer en duisende toeriste word jaarliks hierheen gelok. Die “Old man of the sea” het diep spore in Gansbaai getrap en sy nalatenskap is van groot waarde vir die dorp en die toerismebedryf.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More