Trauma vir Bergfietser

Trauma vir Bergfietser

Gansbaai Courant

'n Deel van die deelnemers aan die Lighuis-tot-Lighuis Bergfietswedren, aangebied deur die Gansbaai Lionsklub.

'n Deelnemer aan die Lighuis-tot-Lighuis Bergfietswedren, Desiree Doran (47) van Durbanville, het verlede Saterdag 'n traumatiese ervaring beleef. Desiree, wat een van die laastes was wat om 07:00 weggespring het, het alleen teen die steil bult van Sopieshoogte opgery toe sy omstreeks 08:00 deur 'n minderjarige seun (15) van haar fiets afgeruk is en ná hewige teenstand deur haar, die bosse ingesleep is.

"Dit was 'n skok-ondervinding, maar ek het aanhou veg om in die pad te bly met die hoop dat hulp opdaag. Hy was te sterk vir my en het my die bosse ingesleep," vertel Desiree. "Ek het nie ophou veg nie en in die proses heelwat skrape en kneusplekke opgedoen. Angs het my oorval toe hy blatant sê dat hy my gaan verkrag!" 'n Motoris het die fiets langs die pad sien lê, stilgehou en haar te hulp gesnel, maar die seun het weggehardloop. Gansbaai SAPD is ontbied en die seun is kort daarna gearresteer en die plaasboer is ook gekontak, waarna die seun erken het dat dit hy was. Die polisie het bevestig dat die seun aan die Kinderbeskermingseenheid (FCS) van Hermanus oorhandig is en dat borgtog geweier is. Hy is in 'n Plek van Veilige Bewaring opgeneem. "Ek is nog in 'n proses van herstel, maar dit gaan heelwat beter. Ek is net dankbaar dat hulp betyds opgedaag het, want ek wil nie eens dink aan wat die gevolge kon gewees het nie," sê Desiree. (Lees in die volgende uitgawe meer oor die voorval.)
Hardus Botha

 

Trauma vir Bergfietser

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant