Verjaarsdae/Birthdays: Gelukkige verjaarsdag aan Sid vd Vyver (1 Maart) & Mike Lamb on the 4th – may it be a very happy day!
Persoonlik: Sid, ons dink aan jou met die operasie op die 20ste – sterkte en ons sal vir jou bid.
Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Charlie Bent met 39 punte, gevolg deur Solly Wessels 39, June Rahn 38, Johannes vd Walt 38, Royce Woods 38, Rob Jerrard 38, Leon Hattingh 36, Clive Bailey 36, Sextus Neethling 35, Bobby Brandt 35, Dawie Viljoen 35. Nearest to the pin was June Rahn on no 2&11 and Solly Wessels on no 8&17.
Donderdag se 9-putjie kompetisie wat geborg word deur OK Foods, is gewen deur Bernard Olivier met 19 punte. Die ledetrekking is nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.
Vrydag was die Pearly Beach Angling Club se borgdag om fondse in te samel vir die bejaardes van Gansbaai. Trevor Quirk en sy vrou Su was die spesiale gaste vir die dag, en Trevor het die veiling gedoen. Die dag was ‘n baie groot sukses. Ons het ook heerlik geluister na die sanger Elvis Blue en sy vrou Su – dit was werklik ‘n optrede wat deur een en almal geniet is. Die 4BBB Stableford (Scramble Drive) kompetisie se uitslag is soos volg: Daniel vd Merwe & Jakkie Beukes 55, Brian & Frances McIntosh 49, Johan Coetzee & Mike Lamb 46, Bobby Brandt & Rob Jerrard 46, Paul Dippenaar & Joe Cesare 46, Peter Spence & Ray Sadie 45, Stella Swart & Sextus Neethling 46, Bev Swart & Steve Muller 42.
Daniel vd Merwe & Jakkie Beukes, Wenners Gansbaai Marine Borgdag.
Saterdag was die Gansbaai Marine borgdag en daar het 56 spelers deelgeneem. Die komitee en lede bedank André Coetzee vir die borgdag, die pragtige pryse en die braai na die wedstryd. Dit was weer eens ‘n dag om te onthou! Die dag was ‘n fondsinsameling vir Gansbaai Gholfklub. Ons bedank André vir hierdie pragtige gebaar – dit word werklik baie waardeer.
André Coetzee, Borg
Die kompetisie was ‘n 4BBB Stableford (Scramble Drive), en die wenners was Daniel vd Merwe & Jakkie Beukes met 56 punte, gevolg deur André Lourens & Walter Strydom 51, Steve Muller & Dawie Viljoen 51, Frances & Brian Mcintosh 51, Johan Coetzee & Leon Hattingh 50, Johan Hanekom & Clive Bailey 49, Rob Jerrard & Pierre Lombard 49, Johan Pieterse & Sextus Neethling 48, HP van der Merwe & D Laursen 48, Charlie Bent & Melvin Tobias 47, Bev Swart & Stella Swart 46, Malcolm Bury & Shaun Rube 46. Naaste aan die penne was E Engelbrecht op no 2&11, Charlie Bent op no 8&17, Brian McIntosh op no 15, Johan Coetzee wen die langste set op no 9&18.
Volgende Saterdag is die klubkampioenskappe wat gespeel word oor 36 putjies. Die A & B afdellings speel houespel en die C afdeling en die dames speel Enkel Stableford.
Klub/Club: 028 384 1441 – Leon Hattingh en Andre Roos
Navrae/Enquiries: 082 878 0534 – Johan Coetzee
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More