Links: Oubaas Lesch staan hier met sy 5.96kg kabeljou, swaarste vis vir die dag
"Overberg Kushengelklub se kus-hengelkompetisie van Saterdag, 16 Maart het goed afgeloop," sê Maynhard van Niekerk van die klub.
Dit was 'n klubkompetisie en die wenners was Oubaas Lesch (Kabeljou, 5.96kg; Galjoen, 0.84kg; Kolstert, 0.56kg - Totaal 7.36kg), Sihan Toua (Wit steenbras, 2.88kg; Kabeljou, 1.30kg; Kolstert, 0.70kg - Totaal 4.88kg), Dawie Toua (Galjoen, 1.02kg en 1.28kg - Totaal 2.30kg), Eldo Marais (Galjoen, 1.06kg) en Maynhard van Niekerk (Wildeperd, 0.88kg). Oubaas Lesch stap toe weg met die pryse vir die grootste vis (Kabeljou, 5.96kg), asook vir die swaarste sak van die dag (7.36kg).
"Ons bedank graag vir Gansbaai Superspar wat die kompetisie vir ons geborg het," sê Maynhard. Overstrand Kushengelklub beplan 'n ope-dag hengelkompetisie vir 30 Maart, terwyl hulle volgende klubkompetisie vir Saterdag, 13 April 2013 geskeduleer is.
Vir enige navrae kan die Wedstryd-sekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops @gmail.com.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More