Babian asp
Daar was groot onsteltenis toe munisipale amptenare op 10 Maart vas geglo het dat iemand ‘n uiters seldame albino koningskandelaar by die De Kelders ingang opgegrawe en verwyder het. ‘n Foto wat vroeër daardie week van die wit blom geneem is, is deur die Courant aan die veldplantkenner, Sean Privett, ge-epos. Hy het bevind dat die plant nie ‘n koningskandelaar (Brunsvigia orientalis) is nie maar wel ‘n Babian asp. Dit is, ten spyte daarvan dat dit nie ‘n seldsame spesie is nie, verkeerd om veldbolplante wat nie oorvloedig voorkom nie te verwyder. Die rooi kandelaarsblom, wat vir die eerste keer in 1750 opgeteken is, word ook die rolbossie en perdespookbossie genoem.
Rooi kandelaarsblom
Rolbossie verwys na die feit dat die droë blom verhard en al rollend in die wind sy saad versprei. Die naam perdespookbossie het moontlik sy oorsprong daarin dat perde vir die rollende blom geskrik het. Die rooi kandelare staan tans geil op die brandpad tussen die R43 en De Kelders. Hulle het oor die afgelope paar jaar baie vermeerder en dit kan dalk daaraan toegeskryf word dat hulle floreer na ‘n brand óf as die veld gesny is en hulle nie ander plante het om teen te kompeteer nie.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More