Saterdag, 23 Maart was Cobus van der Merwe en sy pa, Phillipus, op die Plaat by Hardloperbank in die hoop om ‘n galjoentjie raak te loop. Cobus het vlak gegooi en het van ligte gereedskap gebruik gemaak en die laaste ding wat hy verwag het was toe dié steenbras van 5.75 kg sy ou, gesoute wonderwurm optel en laat waai. Phillipus sê dit was ‘n gespook om te sorg dat die mooi vis nie tussen die rotse loskom nie. Hulle het ook nie van ‘n gaffel gebruik gemaak nie. Dit is die grootste vis wat hy al van die kant gevang het.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More