Michelle le Roux, voormalige hoofmeisie van Academia, hou aan om nuwe mylpale te behaal.
Sy is tans deel van die Lovelife program.
Lovelife se doel is om die jeug bewus te maak van MIV/VIGS asook om leerders te bemagtig.
Die missie van Lovelife is:”An HIV – free generation of empowered young people of South Africa, who are in charge of their health, life and future.” Lovelife behels ook projekte soos “Enviro Y’s” wat die jeug aanmoedig om omgewingsvriendelik te wees. Hulle maak ook gebruik van danse (Love 4 life drill), groepsbewprekings en debatte om die boodskap oor te dra.
Michelle is deel van die Lovelife Groundbreakers vir 2013 en doen haar praktiese ervaring by Academia. Sy het in Januarie vir twee weke in Wildernis intense opleiding gekry.
Sy is onlangs aangewys as die beste “groundbreaker” in die Wes–Kaap uit ‘n totaal van 152 kandidate, en ook as die top “groundbreaker” nasionaal uit ‘n totaal van 1650 kandidate.
Liezel Mostert
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More