Adri Ehlers en Dalene van Dyk by Suid-Afrika.
Daar is heerlik gekuier by die plaaslike VLV se Internasionale Aand wat met ‘n bykans vol saal afgeskop het. Daar was tien stalletjies van verskillende lande waar almal kon gaan proe en met al die proesels het elke gas met ‘n oorvol bord geëindig.
Dit was ‘n gastronomiese kosreis vanaf Suid-Afrika tot by Bahrain in die Midde-Ooste en elke stalletjiehouer het in die tradisie van haar land gekook, verfraai en sommige selfs in tradisionele drag geklee. Die stalletjies was die inisiatief van die bestuur en lede.
Dit was “Bon Voyage” vanaf die ingangsportaal waar tasse, brosjures, ‘n elegante lugwaardin en sjerrie almal op ‘n wêreldreis gestuur het. Gaste kon vanaf Suid-Afrika se bobo-tie, Griekse slaaie, Engelse “bangers and mash”, Hollandse sop en kaas, Oosterse Um Ahli poeding en nog nog vele meer geniet. Sommige stalletjiehouers het tent opgeslaan in Kanada, ‘n Arabiese Bedoeiën tent in die woestyn met twee gesluierde dames tot olyfbome van Griekeland wat lewensgroot tussen geregte van die Meditereense Streek staan. Mens kon selfs glo dat iewers ‘n bok blêr en ‘n kameel kla.
‘n Baie suksevolle wynveiling met die bekkige afslaer, Jannie Botha, is geesdriftig ondersteun en kon teen die einde ‘n totale bedrag van R3125 oplewer. Die kaartjieverkope het R9 000 beloop wat ‘n behoorlike hupstoot aan VLV-fondse verleen.
Baie dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het, diegene wat die VLV ondersteun het en aan die gasvroue en hul kookvernuf, navorsing en moeite om alles so aantreklik moontlik te maak.
Die voorsitter, Rienie Ludick, het almal tydens die geleentheid bedank, maar daar is ‘n baie spesiale dankie aan die volgende borge; Strandveld Wines vir ‘n groot skenking van hul heerlike wyne wat opgeveil is. Dit was ‘n besondere voorreg om wyn uit ons streek aan te bied.
Arné Erasmus vir sy samestelling van verskillende wyne wat ook opgeveil is. Arné is die kleinseun van Christie Groenewald, een van ons gewaardeerde lede en beoordelaar.
OK Foods vir hul spesiale aanbod op aankope.
VLV Gansbaai sê au revoir tot ons volgende reis.
Charlene le Roux skuif Namibié se uitstalling reg, Foto’s: Elizma de Lange
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More