Claudine Dyck, Veronica Vermeulen en past Frikkie Zeelie
Die GCA wil almal bedank wat die afgelope jare die Sopkombuis en ander projekte ondersteun het.
As gevolg van die hoë koste om ‘n Artikel 21 Maatskappy se boeke te oudit, het die bestuur besluit om ‘n NPO te registreer. Die GCA sal in die toekoms as S.H.A.R.E. bekend staan.
S - Sosial
H - Health
A - Animals
R – Restoration, Rehabilitation
E – Education (ECD)
Die winter is op ons en ons het weer begin sop maak. Ons het besluit om van die verantwoordelikhede aan die gemeenskap te gee om self die kos voor te berei. SHARE voorsien alles wat benodig word. Die gemeenskap van Beverley Hills onder leiding van Claudine Dyck sal eers net 3 dae per week kook. Daar sal elke dag nog steeds brood afgelewer word.
SHARE (GCA) ontvang steeds geen hulp van die Staat nie en steun swaar op die gemeenskap vir finansiële ondersteuning.
Die pas voltooide huisie, BB7, wat gebou is was dié van Katrina Frans.
Ek wil graag ‘n paar besighede uitsonder wat die projek die afgelope jare getrou ondersteun het.
Baie dankie aan Gansbaai Superspar, Piet Smal (WSA), Lions, Meatbox, Bayview Furnishers, Fynbos Wendy, AGS gemeente, Freddie Engelbrecht en die Nowers familie (Ichtus Visserye). Past Frikkie Zeelie
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More