Die vorige staptog van Strand-Veld Voetslaanklub was kuslangs tussen Gansbaai Karavaanpark en Klipgat (Foto: Anita Botha)
"Saturday 4th May was scheduled for the hike to Napier on the Grootberg trail. Since they had had rain the previous day and throughout the night, Peter Albertyn said he would not recommend that we do the hike," het Rob Koppel gesê. "Having done the recce with Anita and Jill the previous Friday, and thus fully aware of the terrain we had to hike, it was decided to put it to the hikers at the info centre later, as to what we would do." Ná deeglike oorweging het die groep stappers toe besluit om eerder die mooi staproete tussen Gansbaai Karavaanpark en Klipgat te stap. Bykans 20 stappers het opgedaag.
"The hikers started out and as it was such a glorious day, spirits soon soared and everyone enjoyed the trail, with stops at Wolvengat, Die Stal, Duiwelsgat and the diggings at Klipgat and there was appreciation for some of the birds and dassies found along the route," vertel Rob. Eerskomende Saterdag, 1 Junie, se staproete (indien die weer dit toelaat) is die Duynefontein Bergroete en behoort sowat 3 ure te duur. Steiltes kan verwag word en die staptog kan as middelmatig moeilik beskryf word. Min mense is moontlik daarvan bewus, maar die organiseerders reël altyd 'n "recce" (vooraf-ondersoekende stap) deur twee of drie lede alvorens 'n staptog aangepak word.
So is die Duynefontein Bergroete reeds verlede Maandag deur Rob, Anita en Trevor gestap om te sorg dat hulle voorbereid is om die res van die stappers van advies te bedien. Kostes vir hierdie stap beloop R20 per persoon, waarvan die volle bedrag aan die Fees van die Ganse se komitee as 'n bydrae oorhandig sal word. Die groep kom oudergewoonte voor Gansbaai Inligtingsentrum om 08:00 bymekaar.
Rob Koppel kan vir enige navrae by 083-665-5011 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More