Verslawing hetsy alkoholisme, TIK-TIK, kokaïne, pil- en dobbelverslawing ensovoorts, het ‘n kettingreaksie wat soveel mense in die hele proses beïnvloed, veral die persone naaste aan die verslaafde, sy/haar ouers, metgesel, vriende, kinders en werkskollegas. Hierdie hartseer mense wat soveel leed, pyn en vernedering moet verduur en deurmaak. Waarheen gaan hulle, wat kan hul doen, hoe beskerm hul, hul eie menswees en bestaansreg.
Hoeveel mense in en om Gansbaai as verslaafdes, vernietig nie net hul eie lewe nie, maar veral die om hulle, en is te trots en te skaam om iewers aan te klop vir hulp.
Wat is die oplossing? By die C.A.D. (Christelike Afhanklikheidsdiens) is daar soveel suksesverhale van mense wat hier hulp gekry het en weer ‘n normale lewe saam met hul dierbares kon lei.
NEEM vandag ‘n besluit. Die verslaafde, maar ook die naastes om hom. Skakel vandag vir Martin du Plessis 079 816 1186, Athol Rankin 079 490 5314, Elmari Rankin 083 441 8901 of Sam van Straaten 083 449 0149. Jy kan ook ‘n wenner wees!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More