Konst J B Meyer het verlede week en Woensdag om ongeveer 22:20 ‘n klag van huisbraak wat in aanvang was te Uilenkraalsmond, Gansbaai gaan ondersoek. Met sy aankoms op die toneel het die buurtwag reeds die twee verdagtes gewaar waar hulle gesteelde goedere neergegooi en in die bosse verdwyn het. Konst Meyer het die verdagtes agterna gesit en kort daarna een verdagte gearresteer. Die tweede verdagte is ook later deur Meyer naby die R43 gearresteer. Beide verdagtes het reeds in die Landdroshof te Hermanus verskyn. Hulle is die 29-jarige, Eben Adonis en 38-jarige, Leon Abrahams, beide van Blompark.
A/O CW le Roux, SAPD Gansbaai
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More