Op Woensdag, 3 Apr 2013 het 'n inwoner van Uilenkraalsmond rapporteer dat hy by die Standard Bank Autobank, Gateway Sentrum gepoog om geld te trek nadat sy pension inbetaal is. Voordat hy egter met sy transaksie kon begin het, het hy 'n sms ontvang op sy selfoon vanaf Standard Bank dat daar so pas 'n onttrekking van R4000 kontant uit sy rekening onttrek is.
Hy het toe daarna Standard Bank genader en ingelig oor die situasie waarop hulle gereageer het as volg - "Meneer, U is die sesde persoon vandag wat so iets aanmeld."
Die publiek word versoek om op hulle hoede te wees terwyl hulle geld trek en om op die uitkyk te wees vir misdadigers wat naby Autobanke staan en met elektroniese kaartlesers of "skimming devices" rondloop.
Adj Off CW le Roux, SAPD, Gansbaai
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More