Posbestellings se Skadukant

Posbestellings se Skadukant

Gansbaai Courant

Om na Japie de Villiers se verhaal te luister, dui net op een ding en dit is dat die publiek altyd op hul hoede moet wees met telefoonoproepe waarby beloftes van gratis geskenke ingesluit is. Japie het op 18 Augustus 2011 ‘n “Elektro Pedic” masjien ten bedrae van R934.95 by Homemark, wat ‘n gereelde adverteerder op TV-uitsendings is, aangekoop. “Ek het die verskuldigde bedrag met my ABSA Kredietkaart betaal en is steeds baie tevrede met die masjien en ondervind ook geen probleme nie,” vertel Japie. “Daarna het my probleme egter begin en is ek met voortdurende telefoonoproepe vir nog bestellings en items wat ek gewen het, oorval, wat ek van die hand gewys het. “Elke keer was dit ‘n ene Abulelo van Homemark wat met my gepraat het,” sê Japie. Daarna het drie transaksies op sy kredietkaart deurgekom waarvoor hy geen items ontvang het nie. Op 18 Januarie was dit R2,999.95, op 21 Februarie R3,300.00 en op 5 April R3,499.95, dus ‘n totaal van R9,799.90. Al sy pogings om die saak reggestel te kry het op niks uitgeloop nie. Hy is telkens aangesê om by Homemark te “de-registreer”, maar kon met deurlopende pogings nie daarin slaag nie. Intussen het hy selfs sy kredietkaart gekanselleer en ‘n nuwe een is deur ABSA aan hom uitgereik. Gansbaai Courant het oor ‘n tydperk van 3 dae etlike oproepe na Homemark in Sandton gemaak. Die onderneming is tydens die tweede geslaagde oproep gegee dat “Norma” die koerantkantore sou skakel, maar dit nie gedoen nie. Terselfdertyd is die volle bedrag kort ná die oproepe aan Japie oorbetaal. Op Dinsdag, 11 Junie het Gansbaai Courant vir die eerste keer ‘n oproep van Homemark ontvang, maar dié oproep was eintlik vir Japie bedoel, aangesien hulle waarskynlik met die selfoonnommers deurmekaar geraak het. “Jeanine” het gesê: “Mnr de Villiers, u geld is nou terugbetaal, kan ons met nog ‘n bestelling behulpsaam wees?” Die dame is reggehelp, waarna sy gesê het sy onthou van die gesprek met Gansbaai Courant en wil net meld dat mnr De Villiers se geld nou terugbetaal is! 
Selfone
Tydens dieselfde tydperk het DJ Steyn van Franskraal van sy wedervaringe vertel. ‘n Ene Buthelezi van Homemark het hom geskakel en is hy meegedeel dat hy ‘n duursame “touch-screen” Vodacom-foon as prys ontvang het. “Die persoon het reeds al my besonderhede gehad, wat ek nie weet waar hy dit vandaan gekry het nie,” vertel DJ. Die foon is saam met ‘n R1,000 geskenkbewys (Homemark) deur ‘n koerier afgelewer. “Ek is van ‘n nuwe kontrak met ‘n verhoogde bedrag verwittig wat dieselfde nommer plus een getal by, as my bestaande kontrak by Vodacom. Dit was onaanvaarbaar en ek sukkel sedert Januarie met ‘n ene Cameron May van Homemark om die probleem op te los, maar sonder enige sukses.” DJ het ook sy bankbesonderhede laat verander om verdere aftrekkings te verhoed. Francois van der Westhuizen van Overcell het bevestig dat sodanige gevalle gereeld by hom aangemeld word. “Wanneer ek sien dit is ‘n selfoon in ‘n Homemarkkoevert, kan ek niks doen om te help nie. Die ‘gratis’ foon het gewoonlik ‘n simkaart met ‘n 2-jaar kontrak in en ek kan die mense net na Homemark terugverwys,” het Francois gesê. Hoe aanloklik ‘n “gratis posgeskenk” dus ookal mag klink, ontvangers van sodanige oproepe moet maar lig loop. 
Hardus Botha

Posbestellings se Skadukant

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant