Gansbaai Melodrama Kindertrust was die eerstes met die skenking van komberse, met vlnr JP Coetzer, Schani Visser, Heidie Visser en Linda en Deon Kloppers van OMGEE Bedieninge
“Elke nag as ons so lekker warm en snoesig onder ons komberse en donsduvets lê, gaan ons harte uit na al die kindertjies wat koud kry omdat hulle nie genoeg komberse het nie,” vertel Linda Kloppers van OMGEE Bedieninge. “Kom ons gee vir ‘n slag uit ons oorvloed. Gaan kyk in jou linnekas of daar nie ‘n kombers, duvet of winterslakens is wat jy nie meer gebruik nie, en bring dit asseblief na OMGEE Bediening in Kerkstraat voor Sondag 30 Junie, of kontak ons sodat ons dit kan kom afhaal.” Linda sê die komberse sal gedurende die eerste week van Julie, met die hulp van die maatskaplike werkster en ander instansies wat weet waar die nood die grootste is, versprei word. JP Coetzer van Gansbaai Melodrama Kindertrust het van hierdie daadwerklike poging te hore gekom en hulle was die eerstes wat op die versoek gereageer het. Hulle het 34 enkelbedkomberse en 11 ligte komberse (“Fleecies”) vir die projek aangekoop en oorhandig. Gansbaai Melodrama Kindertrust is lankal reeds bekend vir hul mildelike liefdadigheidsoptredes. Linda sê hulle is nie opsoek na kontantdonasies vir die projek nie…net komberse en donsduvets, oud of nuut, wat die koue kan verdryf. Barmhartige Samaritane kan vir Deon by 083-234-2199 skakel, of vir Linda by 082-550-7313, maar dit moet voor of op Sondag, 30 Junie gebeur om betyds vir die uitdeel van die komberse te wees.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More