Bedrieer aangekeer

Bedrieer aangekeer

Gansbaai Courant

Patrick Eskelsen alias Doc Pat Moss alias Patrick Schuurman

‘n  Bedrieër, Patrick Eskelsen (regs), wat dwarsoor die Wes-Kaap gesoek is, is Donderdag op die N2 by Caledon in ‘n  padblokkade met ‘n  gesteelde motor betrap. Eskelsen het ook verskeie  mense  in Gansbaai bedrieg. Charlotte en André Robberts het Eskelsen, wat homself as Doc Pat Moss aan hulle by hul karwassery voorgestel en bevriend het, leer ken. Hy het egter later gesê hy is eintlik Patrick Schuurman en is betrokke by die Pat Moss Internasionale Hotelgroep.  Hy het homself onder andere voorgedoen as ‘n  hotelontwikkelaar, en het verskeie mense bedrieg en ingeloop. Hennie Austen, eiendomsagent van Gansbaai, is deur die Robbertse aan hom voorgestel en oortuig dat hy ‘n  luukse hotel van R395 miljoen in die Ou Hawe van Hermanus sou bou. Hy het verder gesê dat hy ‘n  gastehuis in Gansbaai wou koop om verblyf aan sy belangrike gaste en beleggers van oorsee tydens die projek te verskaf. ‘n  Gastehuis is geïdentifiseer en Eskelsen het ‘n  16.75% aandeel in die gastehuis aan Austen aangebied asook die pos as finansiële bestuurder van die hotel. Hy sou ook R55000 per maand en ‘n  nuwe BMW voertuig ontvang. "Eskelsen het gesê dat Charlotte en ek die gastehuis sou bestuur. Hy het ook ‘n  VW Kombi Caravelle aan Charlotte belowe," het Austen gesê. Kort daarna het Eskelsen gesê dat hy geld nodig gehad het om in Hong Kong te gaan onderhandel om die R395 miljoen los te kry. "Ek het R100 000 teen my huis se verband opgeneem en vir hom geleen. Ek wou dit eers nie doen nie, maar  Eskelsen se Stellenbosch prokureur, Johard Roux, het my oortuig en gesê die man het baie geld en ek sal dit gewis terugkry. Ek het vir Eskelsen gesê dat as ek die geld verloor ek groot probleme met my huislening sou hê. Hy het my egter belowe dat dit nie sou gebeur nie en dat hy in so ‘n  geval die lening sou aflos. Hy het toe ‘n  skulderkennings-bewys van R700 000 aan my gegee."
Dit was die laaste sien van Eskelsen wat ook R25 000 by die Robbertse geleen het.
"Ek het ‘n  brief aan sy prokureur gestuur en gesê ek wou my geld hê. In sy brief aan my het hy gesê dat Patrick Eskelsen my sou betaal. Toe ek hom daarop wys dat ek nie ‘n  Eskelsen ken nie, maar wel vir Patrick Schuurman het hy gesê dat hy ‘n  fout begaan het. My man, André, het dadelik lont geruik en ek het vir Eskelsen op die internet gaan soek en gekry.  Dit was een en dieselfde man en ‘n  bekende bedrieër. As dit nie vir André was nie sou ons dit nooit geweet het nie," het Charlotte gesê. Sy en Hennie het ‘n  saak van bedrog by die polisie gelê. ‘n  Klomp soortgelyke klagtes in Hermanus, Villiersdorp, Langebaan en Mosselbaai word ook ondersoek.
Eskelsen het Maandag in Plettenbergbaai in die hof verskyn en sal binnekort ook in Hermanus, waar baie skuldeisers is, verskyn. Gansbaai SAPD se ondersoekbeampte is Sers Leon Crafford en enige persoon met relevante inligting kan hom by 028 384 3091 skakel.                              
Francois de Jongh

André en Charlotte Robberts asook Hennie Austen wat deur ‘n  deurtrapte skelm bedrieg is.

Bedrieer aangekeer

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant