Die studente wat in November 2012 hul kursus voltooi het, met vlnr Rienie le Roux, Thembakazi Sokenyile, Audrey Cengimbo, Sylvia Nikani, Fredie Botha, Alet du Plessis en Suster Iréne de Waal
“Werkloses kán ‘n verskil in hul lewens maak,” sê Suster Iréne de Waal van Carpe Diem Opleidingssentrum in Caledon. ‘n Nuwe geleentheid om drome te verwesenlik is vanaf 15 Julie 2013 beskikbaar, met kursusse in Huisbestuur en Tuisversorging wat aangebied sal word. “Die kursusse word slegs in Afrikaans aangebied en is omvangryk van aard,” vertel Suster de Waal. Die kursusse strek oor ‘n tydperk van 8 en 6 weke, daagliks vanaf 08:00 tot 16:00. Die Huisbestuurkursus sluit die volgende in: was, stryk en vlekverwydering, diere- en plantsorg, wynetiket, tafeldek, skoonmaak van huisapparate en meubelstukke, ekonomiese en gesonde voedselvoorbereidings en driegang-maaltye. Dit word aangevul met die bou van ‘n goeie selfbeeld, kommunikasie-vernuf, konflikhantering, huweliksberading, kindersorg, asook hulp met die opstel van CV’s en werksetiek.
Die Tuisversorgingkursus strek oor ‘n tydperk van 6 weke en sluit twee weke praktiese opleiding by ‘n versorgingsoord in jou omgewing in. Bejaardes se behoeftes word aangespreek en sluit in: maaltydbeplanning, bedsorg, inkontinensie, dementia, arbeids- en fisioterapie tegnieke en siekte toestande. Met die kwalifikasie word topversorging vir ons seniorburgers moontlik gemaak sodat die vrees vir oud word (rontofobie) die nek ingeslaan kan word. Belangstellendes in een van hierdie kursusse kan met Suster Iréne de Waal by 028-212-1138 of 071-125-4704 in verbinding tree.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More