Overstrand Munisipaliteit is in die bevoorregte posisie dat van die land se beste talent in hierdie gebied woon of noue bande met die streek het. Vanweë hul verbintenis met die gebied, bevorder hulle nie net die beeld van Overstrand nie, maar ploeg baie van hulle vrywillig van hul tyd, geld en energie in ons gemeenskap terug.
Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie wil graag tydens die jaarlikse Aand van Uitnemendheid van die Munisipaliteit Overstrand wat vir 27 Augustus 2013 beplan word aan sulke uitblinkers erkenning gee.
Weer eens word al die jaarlikse toekennings van Overstrand by vanjaar se geleentheid ingesluit: Die Burgemeesterstrofee vir Omgewingsbewaring, die Vrou(e) van die Jaar en dié vir Uitblinkers.
Die kompetisie vir die gesogte Burgemeesterstrofee vir Omgewingsbewaring word deur die Whale Coast Conservation hanteer. Nominasies daarvoor sluit op 31 Julie 2012.
Nominasies van Overstrand-vroue wat ’n verskil in hulle omgewing maak en in aanmerking behoort te kom vir ’n Vrou van die Jaar-toekenning, moet voor of op Vrydag 19 Julie 2013 aan Elize Verrij by everrij@overstrand.gov.za gestuur word.’n Kort motivering en kontakbesonderhede van sowel die nomineerder as die kandidaat is al wat nodig is.
Gemeenskapsuitblinkers word deur raadslede geïdentifiseer en aan die Burgemeester vir oorweging voorgelê. Lede van die publiek is welkom om hul raadslede of die Burgemeesterskantoor met voorstelle te nader. Die sluitingsdatum hiervoor is ook Vrydag 19 Julie 2013.
Fanie Krige
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More