Raymond Rabe (regs) het pas die Birkenhead Boothengelklub se lidmaatskapkaartjie aan Dirk Buchner, met sy eggenote Eva langs hom, oorhandig
Boothengelaars geniet daagliks die hengel te see, soos dit ook behoort te wees, maar die Birkenhead Boothengelklub het tot dusver hierdie jaar baie min see-vriendelikheid tydens hulle maandelikse boothengel-kompetisies ervaar. Junie en Julie se kompetisies op die 1ste Saterdae van die maand moes as gevolg van ‘n “omgekrapte” see afgelas word. Verlede Saterdag was daar dus ook geen kompetisie nie, maar die gesellige funksie is nie afgeskeep nie. “Fish & Chips” met slaai en nagereg is deur ‘n groep klublede en gaste, ook vanuit Hermanus, terdeë geniet, terwyl voorsitter Raymond Rabe met sy Musiekfabriek gesorg het vir “voete-jeuk” dansmusiek tot baie laataand toe.
‘n Nuwe klublid, Dirk Buchner van Huis Breda, het sy lidmaatskapkaatjie na ‘n proeftydperk van 3 maande ontvang, met sy eggenote, Eva wat die funksie saam met hom bygewoon het. Die gebruiklike bottels wyn wat deur besoekers met gelukkige kaartjienommers gewen word, is deur klublid Sextus Neethling en ‘n gas vanuit Hermanus, Ané Staunton gewen.
Vir navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 of die wedstrydsekretaris, Johan Burmeister by 082-895-7647 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More