Eddie Barnard (regs) saam met Les Witz tydens hulle laaste gesamentlike optrede in die Pretoriussaal
Eddie Barnard en Les Wits van die aanvanklike Eddie & Les Duo het onlangs tydens ‘n Woekermarkdag vir oulaas saam opgetree. Hulle het gereeld saam by funksies opgetree - Eddie met sy klawerbord, kitaar en sang, en Les met sy saxofoon. “Ons ken mekaar al baie jare en gesamentlik het ons al 128 jaar se musiek-maak agter die rug,” vertel Eddie. Nou, na sowat 10 jaar in Gansbaai, verhuis Les eersdaags na Kaapstad. Hy het besluit om vir oulaas saam met Eddie op te tree, terwyl dit terselfdertyd sy heel eerste optrede tydens ‘n Woekermarkdag was. Dié twee se musiekvermaak is terdeë deur die besoekers aan die Woekermark geniet en blaaskans vir hulle was daar maar min gewees.
Woekermarkdae is elke Vrydag vanaf 09:00 in die Pretoriussaal en vir navrae kan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More