Honde wreedaard gevonnis

Honde wreedaard gevonnis

Gansbaai Courant

Martin Block (22) wat op 13 Julie 2013 gevonnis is vir die wreedaardige uitsteek van ‘n hond se oë op 22 Julie verlede jaar

Martin Block (22) van Walter Sisulustraat, Masakhane, wat op 25 Julie 2012 daarvan aangekla is dat hy ‘n pragtige Bullmastiff hond se oë wreedaardig uitgesteek het, is op Donderdag, 11 Julie 2013 in die Hermanus landdroshof deur landdros Preggy Govender skuldig bevind op aanklag van dieremishandeling en tot 12 maande gevangenisstraf, waarvan 6 maande opgeskort is, gevonnis. Dit is die maksimum vonnis onder die Dierebeskermings-wet wat opgelê kan word.
Block was sedert sy inhegtenisname op 24 Julie verlede jaar in aanhouding nadat borgtog telkens geweier is. Die mes wat na bewering gebruik is, is ná die voorval gewas, maar daar was steeds genoeg bloed waarmee die DNA deur middel van forensiese toetse positief met die hond se bloed verbind kon word. Dit het bygedra tot die weiering van borgtog. Tydens die hofsaak op 8 Julie vanjaar het Block onskuldig gepleit en het Duane Spandiel van die regshulpraad die beskuldigde met ‘n ander weergawe van die gebeure verteenwoordig, waarna die saak tot 11 Julie uitgestel is vir vonnisoplegging. Die verweer dat die hond hom bedreig het, dat gemeenskapslede die hond mishandel het en dat Block homself met die mes wou verdedig, het onder kruisondervraging baie onwaarskynlikhede aan die lig laat gekom. Landdros Govender het dit as leuens verwerp en hom skuldig bevind op aanklag van dieremishandeling. “Tydens die verhoor het die beskuldigde geen berou getoon nie. Ek kan nie onthou wanneer laas ek só ‘n voorval gesien het nie. Dit is walglik om te dink dat iemand ‘n dier op so ‘n wyse kan vermink. Na my mening is jy ‘n gevaar vir diere,” het landdros Govender tydens sy uitspraak gesê. Block is ook onbevoeg verklaar om ‘n hond aan te hou, maar ook om ‘n vuurwapen te besit, aangesien hy vroeër met trots erken het dat hy ‘n misdadiger en ‘n lid van ‘n bende is. Lesers is met afgryse gevul toe daar op 26 Julie verlede jaar berig is hoe die hond by die stortingsterrein gesteel is en na Masakhane geneem is waar sy oë uitgesny is.

Die pragtige Bullmastiff hond wat uitgesit moes word nadat sy oë deur Martin Block uitgesteek is

Phillip Schreck van BARC het destyds gesê dit is ‘n pragtige, saggeaarde Bullmastiff van 80kg wat BARC aan die vullisterrein-personeel geskenk het om hulle te help op die terrein op te pas. Die hond is vermoedelik weggelok waarna hy met ‘n harde voorwerp teen die kop geslaan is, aangesien daar ‘n baie groot swelling aan die een kant van sy kop was. Daarna is altwee sy oë op ‘n ondenkbare en gruwel-wyse uitgesteek. "Met my aankoms by die Bullmastiff is ek met absolute afgryse gevul oor altwee sy oë wat op ‘n onmenslike wyse uitgesteek is en daarna moes hy deur die veearts uitgesit word," het Phillip destyds gesê. "Dit sal my vir die res van my lewe bybly."
Hardus Botha




 

Honde wreedaard gevonnis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant