Man in bors geskiet

Man in bors geskiet

Gansbaai Courant

‘n Stryery het Vrydagnag tot ‘n skietery in ‘n sjebeen in Masakhane gelei.
Thobela Janase (25) het saam met vriende van beide geslagte gekuier toe Phimile alias Xhesha Nonkanzela (33) om 23:00 daar opgedaag het.
Hy het volgens ooggetuies gesê:  "Jy gaan nie hier drink nie." ‘n Woordewisseling het gevolg waarop Xhesha ‘n 9mm Beretta pistool uitgeruk en Thobela na bewering deur sy regterbors geskiet het. "Die koeël is tussendeur sy ribbes sonder om een te raak en by sy rug uit.  Hy is na Hermanus Provinsiaal geneem," het die ondersoekbeampte, A/O Fanie Killian, gesê. Inligting is die volgende oggend ontvang dat die verdagte in ‘n motor in Masakhane sit en probeer het om geld te leen, om soos hy dit gestel het, land toe te gaan.
Hy is gearresteer en het aan die polisie uitgewys waar hy die pistool versteek het. Dit is nie in sy naam geregistreer nie en volgens hom het hy dit in Khayelitsha by ‘n onbekende persoon gekoop. Die ondersoek duur voort.
Francois de Jongh

Man in bors geskiet

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant