Marilyn Booi was 'n geharde vrou wat al by die randjie van die dood omgedraai het nadat sy met 'n bottelnek in haar nek gekap was. Haar slagare was met centimeters gemis, maar dit was nog nie haar tyd nie. Marilyn se pad was nie met maanskyn en rose besaai nie, sy was gewoond aan "grondpad" loop.
Op 2013/07/25 om 18h15 was Marilyn se liggaam gevind in 'n kamertjie in Stanford se Rugby Klubgronde. Van haar vriende het onraad gemerk toe hulle haar nie soos altyd in die dorp gesien het nie, sy het ook nie geantwoord toe hulle by die kamertjie gaan klop het nie. Mnr. Graig Niemand en Mondeen Mars, plaaslike brandweer beamptes was reeds op die toneel toe die polisie, Sers. Van Dijk gaan ondersoek instel het. Die deur was gesluit en die venster was toe. Mnr. Graig Niemand het toe reeds 'n klein venstertjie uitgehaal om te sien wat fout was aangesien Marilyn op haar bed in 'n slapende posisie gelê het, en nie op haar naam gereageer het nie. Haar hondjie het dood naby die venster gelê.
Mondeen Mars het toe deur die venster geleun en die sleutels uit die deur gehaal sodat die deur oopgesluit kon word. Ser. Van Dijk het toe die deur oopgesluit en volgens hom het hy 'n skerp rook reuk gekry. In die vertrek naby Marilyn se bed het 'n "gellie blik" gestaan. Marilyn se lewelose liggaam het op die bed gelê. Paramedici, Mnr. Albert Kuhn, 'n EMS beampte het haar dood verklaar.
Die outopsie was op Vrydag 26 Jul 2013 gehou en dit het bepaal dat sy weens versmoring dood is.
Dit is winter en mense probeer maar warm bly, maar hulle moet asb in gedagte hou dat daar 'n venster vir ventilering oopgehou moet word. 'n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer en word ondersoek.
Ou Marilyntjie, you lived on the edge en daar is min manne wat met 'n vuis soos jy kon slaan, jy sal gemis word in ons dorp.
AO Sarena Hugo het besluit om 'n "Marilyn Booi" projek te begin sodat komberse geskenk kan word aan die behoeftiges aangesien die winters koud is en die mense het nie warm goed nie en probeer also m warm te bly, dit het haar lewe gekos, sy was maar 35. Sy kan gekontak word te SAPS Stanford, Tel 028 341 0601, indien hulle warm goed aan behoeftiges wil skenk.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More