Victor en Kim Breach, Annemarie Botha en Pieter Conradie.
Op 16 Julie 2013 het drie spanne van Franskraal besoek afgelê by Napier Rolbalklub. Hulle het 'n toernooi aangebied met die doel om fondse in te samel nadat hulle weer aan die gang gekom het na 'n lang onderbreking. Dit was veroorsaak deur 'n ernstige oorstroming van hulle perk tydens die winter van 'n paar jaar gelede.
Aanvanklik is gedink dat Napier Rolbalklub sy aktiwiteite sal moet opskort, maar 'n paar lede onder leiding van Judy en Willie Vorster wou dit eenvoudig nie aanvaar nie. Hulle harde werk het uiteindelik daarop uitgeloop dat die klubhuis weer gebruik kan word en die perk ook merkwaardig herstel het.
Tien spanne het aan die toernooi deelgeneem en hoewel die perk aanvanklik baie swaar gespeel het, het dit algaande beter gegaan en is eintlik goeie rolbal gespeel, inagnemende die omstandighede. Boonop het die weer ook mooi saamgespeel en was dit uiteindelik 'n baie genotvolle dag.
'n Span van Franskraal bestaande uit Kim Breach, Pieter Conradie, Victor Breach en Annemarie Botha was die wenners met 'n bietjie hulp van 'n ander span van Franskraal wat 'n span geklop het teen wie Kim se span verloor het.
Napier Rolbalklub word gelukgewens met die herstel van hulle geriewe en ons hoop dat dit spoedig beter sal gaan met hulle. Hulle verdien om ondersteun te word.
Pieter Conradie
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More