Boats van Staden, Peet en sy ma, Elize Staples. Peet glimlag van oor tot oor oor sy gehoorstuk wat die Gansbaai Lionsklub vir hom geskenk het.
Klein Peet kan nou vir die eerste keer in sy lewe, danksy Gansbaai Lionsklub, behoorlik hoor. Die sesjarige seuntjie van Peet en Elize Staples kon tot op 3 jarige ouderdom nog nie praat nie. Daarna het hy wel woorde hard begin uitskree. Sy ouers het hom in Februarie vanjaar na 'n pediater, Dr van der Merwe, in Hermanus geneem wat vasgestel het dat hy hiperaktief is en 'n gehoorprobleem het.
Mev Olivia Coetzee, 'n oudioloog van Hermanus, het daarna sy gehoor getoets en bevind dat sy linkeroor nie fyn klanke hoor nie en dus ook nie sekere letters nie. Hy misinterpreteer dus woorde en sinne wat sy kommunikasie met ander benadeel en dit lei tot frustrasie. Elize het die president van Gansbaai Lionsklub, mnr Boats van Staden, om hulp genader. "Hulle het die aansoek binne twee weke goedgekeur en ons was oorstelp van dankbaarheid en vreugde. Coetzee het toe 'n gehoorapparaat teen 'n baie billike prys verskaf en vandag is my kind die trotse eienaar van sy eie rooi gehoorstuk, net soos hy dit graag wou gehad het," het Elize gesê.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More