Saterdagoggend om 01:00 het 'n swart Toyota Tazz by Stanford Motors petrol ingegooi en rigting Hermanus gery. Na 'n ruk het dieselfde voertuig weer teruggekom Stanford toe en verdag voorgekom. Die patrolliewa het die voertuig afgetrek. Versterking vanaf SAPS Gansbaai is ontbied en die voertuig is deursoek. In die voertuig was 4 mans, ouderdom strek in vroeë 30’s en laat 40’s en 'n 5 jarige kind. 'n Onwettige 9mm pistool is onder die kind gevind. Die 4 mans is aangekla vir “in besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen”. Die mans het op Maandag 12 Augustus 2013 in die Landdroshof Hermanus verskyn op die aanklagte, maar die klagte teen die mans is teruggetrek.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More