Jack Swart, Clinton vd Merwe, me's Matthews & Gouws en Joudun Rooi
Die “Young Communicator Ambassadors” kompetisie is weer in volle gang. Op Saterdagoggend 20 Julie het vyf leerders, Jack Swart, Monica de Gouveia, Bianca de Koning, Joudun Rooi en Clinton van der Merwe saam met Juffrouens Mona Matthews en Carla Gouws na die Paarl vir ‘n YCA werkswinkel vertrek. Hierdie organisasie word geborg deur Anglo American en The Sowetan en hul doelstelling is om leerders se aanbieding en mondelinge kommunikasie vaardighede te verbeter. Daar is ‘n Distrikskompetisie in Caledon en dan ‘n Provinsiale een later die jaar waarby die wenner ‘n studie beurs van R 65 000 kan wen.
Daar aangekom het die leerders onmiddelik begin. Groepe was gemaak met ander skole en elkeen moes vinnig ‘n toespraak oefen en dit voor almal lewer. Na ‘n lang dag was almal met koeldrank en Steers Burgers en skyfies getrakteer en die lang pad huistoe is aangedurf. Ons leerders is nou vuur en vlam vir die distrikskompetisie in Caledon op 31 Julie. Hou die koerant dop vir die uitslae. Verlede jaar het Anneline May, tans in matriek, die distrik rondte gewen en ons op provinsiale vlak verteenwoordig.
Carla Gouws
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More