Van die bejaardes met Moira Opperman en Jacoba Europa links, agter by ‘n deel van die bejaardes se uitstalling van items wat hulle eiehandig met geborgde materiaal vervaardig
Silwerjare Dienssentrum het onlangs ‘n ontbyt aan sowat 50 gaste aangebied as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek. “Dit het egter nie net oor die fondsinsameling gegaan nie, maar ook om alles wat die bejaardes met donasies gemaak het, te kon uitstal,” sê Jacoba Europa, Bestuurder. Deur die jaar ontvang die sentrum gereeld wol, materiaal en ander benodigdhede waarvan ‘n verskeidenheid van items gemaak of gebrei word. Hierdie jaarlikse uitstalling het dan ten doel om aan donateurs te wys wat met hulle skenkings gemaak word. Saam met die smaaklike ontbyt het Margi Muller en haar span Lyndansers vir groot vermaak gesorg. Etlike bekende liedere aan die gaste is gebruik vir hulle pragtige lyndanse wat opgevoer is, met 'n gepaardgaande handeklap.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More