Algemene Jaarvergadering word gehou op Donderdag 29 Augustus 2013.
Verjaarsdae: Leon Hattingh verjaar op 1 Sept en dit is ook Leon en Toekie se troudag. Mag daar nog baie gelukkige jare saam wees vir julle – veels geluk!
Dinsdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Solly Wessels met 37 punte, gevolg deur Joe Cesare 36, Daniel vd Merwe 35, Paul Dippenaar 34, Dawie Rossouw 34, Charlie Bent 34, Christo Spanellis 33, Daan Victor 33, Jakkie Beukes 30, George Hunt 29. Naaste aan die penne was Johan Pieterse op no 2&11 en Christo Spanellis op no 8. Spog Twee’s word aangeteken deur Daniel vd Merwe op no 11 en Bev Swart op no 8.
Vrydag se 9-putjie kompetisie (borg: OK Foods) is gewen deur Andre Coetzee met 21 punte, gevolg deur Andre Gouws 19, Senekal Dreyer 18, Royce Woods 18. Awie vd Merwe wen die ledetreking. Veels geluk, Awie!
Solly Wessels
Saterdag se kompetisie was ‘n Enkel Syfer Plus, en die wenner was Solly Wessels met +6, gevolg deur Louis vd Vyver +2, Clive Bailey +2, Nico Jones +1, Joe Cesare 0, Christo Spanellis -1, Bev Swart -2, Daan Victor -2, Dawie Viljoen -2 en Gert Albertyn -3. Naaste aan die penne was Dawie Viljoen op no 2&11, Christo Spanellis op no 8&17 en Clive Bailey op no 15 (borg: SuperSpar/Tops). Spog Twee’s word aangeteken deur Clive Bailey (6), Daniel vd Merwe (11) en Bev Swart (15).
Uitklopkompetisies: Bev & Stella Swart wen vir Andre Roos & Jakkie Beukes in die Foursomes.
Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford.
Klub/Club: 028 384 1441 Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries: 082 878 0534 Johan Coetzee
Leon & Toekie Hattingh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More