Die groep kursusgangers tydens ‘n tuinkursus, met links agter Jason Adams en links voor hom Eleanor Kapot
‘n Suksesvolle tuinkursus vir 20 lede vanuit die Stanfordgemeenskap is op 26-30 Augustus te Stanford aangebied. Gansbaai se Menseregte en Ontwikkelingssentrum het die kursus, in samewerking met Badisa Stanford en die Departement van Landbou, aangebied, met Jason Adams as die fasiliteerder van die Departement Landbou. “Die doel van die kursus is om mense te bemagtig en om armoede hok te slaan, sodat mense die geleentheid ontvang om vir hulself ‘n inkomste te genereer,” sê Eleanor Kapot van Gansbaai Menseregte en Ontwikkelingssentrum. Sy bedank graag vir Jason vir sy goeie werk as fasiliteerder, Jo-Anne Lewis van Badisa Stanford en Claudine Baartman vir die spyseniering.
Navrae rakende die Gansbaai Menseregte en Ontwikkelingssentrum kan aan Juan Lewis (koördineerder) by 074-103-9763 gerig word, of kontak Eleanor Kapot (administrasie) by 073-304-7914. Die kantoor se telefoon-/fakslyn is 028-384-1874, of stuur ‘n e-pos aan hulle by ghadcen@outlook.com.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More