Die groep netbalspelers tydens die Netbal Burgemeesterstrofee Kompetisie in Hermanus
“Ons het op 7 September vanjaar uitstekende netbal tydens die Netbal Burgemeesterstrofee Kompetisie in Hermanus gespeel,” vertel Bertruline Dickson van die Sea Stars Netbalklub. Hulle het in al die wedstryde in hulle afdeling gewen. Ses spanne vanuit die Overberg het deelgeneem en sake behoorlik uitgespook om onder die eerste Top 4 te eindig. “Sea Stars en Hermanus het in hul onderskeie afdelings met die meeste punte geëindig. Al hul wedstryde is gewen, met Hangklip en Mount Pleasant wat elkeen een wedstryd verloor het en dus vir die derde plek sal moet uitspeel. “Die Sea Stars was ná die harde spel baie opgewonde en hoog in hul noppies toe hulle hoor dat hulle nou vir ‘n 1ste of 2de plek in die finaal gaan speel,” sê Bertruline. Hierdie Finaal sal op 5 Oktober in Hawston gespeel word en die Sea Stars sê hulle is gereed daarvoor, maar ook baie opgewonde.
Vir Sea Stars navrae kan Bertruline Dickson by 072-707-5687 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More