Misdaad onder beheer

Misdaad onder beheer

Gansbaai Courant

Die Hermanus Bondel ("Cluster") van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens het verlede week 'n perskonferensie gehou waartydens die misdaadsyfers van 5 geïdentifiseerde prioriteitsmisdade vrygestel is. Dit dek die periode van April 2012 tot Maart 2013. In Gansbaai was daar 'n afname van -4,9%, terwyl dieselfde tendens in Stanford -9,6% en -2,8% in Hermanus gegeld het. Kleinmond se misdaad het egter met 29,4% toegeneem. Dit word toegeskryf aan veral huisbrake by leegstaande vakansiehuise in Bettysbaai, Pringlebaai, Rooi Els gebiede, digte plantegroei en afstand van die polisiekantoor in Kleinmond. Volgens die Trosbevelvoerder, Kol Vincent Cetyana, is die amptelike misdaadstatistiek wat nou aangebied word, reeds sowat 6 maande verouderd. "Dit weerspieël nie die misdaadpatrone wat tans voorkom nie," het Cetyana gesê. Die Hermanus-tros, wat in geheel 'n toename van 1,6% getoon het, bedien 'n area van 4983 km² met 7 polisiestasies en 2 satellietstasies.
Volgens Cetyana is daar 'n paar faktore wat misdaad in die Overstrand beïnvloed soos die groot toename in die bevolking, buitelandse immigrante met informele winkels in digbevolkte gebiede, lae koste behuisingsgebiede en 'n dwelmverbruikersmark.

Kol Vincent Cetyana


Misdade waarby dwelms en drank betrokke is bly 'n groot probleem, maar dit het wel in Gansbaai vanaf 302 die vorige jaar tot 274 gedaal. Volgens Cetyana kom voorvalle van aanranding meer voor in informele nedersettings waar sjebeens en informele winkels voorkom. "Ons het nuwe strukture in plek gestel om onwettige sjebeens te sluit, maar weens die nuwe drankwet, wat inwoners toelaat om 150 liter alkohol op hul persele te hê, is dit vir die polisie moeilik om op te tree," het Cetyana gesê. Die aantal seksuele misdade het in Gansbaai van 21 tot 33 verhoog. Volgens Kapt Louis Geldenhuys van Hermanus SAPD kan dit onder andere daaraan toegeskryf word dat hospitale nou die polisie inlig oor alle onder-ouderdom swangerskappe.
In die tydperk April 2012 tot Maart 2013 was Gansbaai SAPD suksesvol in die konfiskering van 451,48 liter alkohol; 12,33 kg dagga, 43 Mandrax tablette; 88 gram TIK en 51,888 perlemoen.
Die Gemeenskaps Polisie Forum (GPF) se trosvoor-sitter, Lucille Mangiagalli van Gansbaai, het tydens die vergadering in Hermanus gesê dat GPF's sub-forums in afgeleë gebiede soos Rooi Els by Kleinmond moet stig om effektief met die polisie te skakel. "'n Baie suksesvolle sub-forum is in Pearly Beach gevestig en dit lewer 'n groot bydrae tot die beveiliging van daardie gemeenskap," het Mangiagalli gesê. Sy het bygevoeg dat dit baie belangrik is dat daar 'n vennootskap tussend die polisie, GPF's, buurtwagte, munisipale wetstoepassers en inwoners moet bestaan om goeie samewerking te verseker.
Francois de Jongh
 

Misdaad onder beheer

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant