Geskiedkundige Gebeurtenis

 Geskiedkundige Gebeurtenis

Gansbaai Courant

Renè Beukes en Fanie Bothma van die Gansbaai Sakekamer, Solimzi Makikane, Direkteur LED en  Santie Reyneke-Naude, Direkteur Finansies  van die Overstrand Munisipaliteit

Met die ondertekening van die  MOU (Memorandum of Understanding)  tussen Gansbaai Sakekamer en Overstrand Munisipaliteit  tydens die SKJV van 27 Augustus 2013, het Gansbaai Sakekamer  weer eens die voortou geneem deur een van die eerste sakekamers in die land te word wat so ‘n ooreenkoms met ‘n Plaaslike Owerheid onderteken het.

Volgens hierdie getekende ooreenkoms is die fokus op Gansbaai se ekonomiese groei en ontwikkeling. Daar is  verder ooreengekom om gemeenskaplike projekte te loods om nie net die besigheidsektore nie, maar ook Toerisme en Landbou in ons streek verder te bevorder. Die sosiale en ekonomiese opheffing van alle gemeenskappe sal bevorder word. Ons fokus is dus op Gansbaai en is gerig op al ons plaaslike gemeenskappe en die verskillende ekonomiese bedrywighede in ons gebied.  Die eerste vergadering wat daarna plaasgevind het, was op 14 Oktober 2013.

Hierdie eerste vergadering van die nuwe vennootskaps-ooreenkoms het werklik positiewe uitkomste gehad. Die doel was juis om uit te kom by aksieplanne en nie net nog ‘n vergadering te hou nie. Ons mense moet daadwerklik beleef dat hierdie inisiatief ‘n verskil sal maak in hulle lewens en besighede.  Die volgende twee aksies is geskeduleer:

“Participatory Methods” (Deelnemende Metodes) :  ‘n Vergadering is geskeduleer vir 29 November 2013  wat  deur die Department van  Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme aangebied  sal word en waar die Bestuurslede van die Sakekamer en Munisipaliteit se verteenwoordigers teenwoordig sal wees.  Daar sal  “brain storming” gedoen word deurdat die Departement voorleggings sal doen en dan ook verskillende opsies sal uitlig wat beskikbaar is. Voortvloeiend hieruit sal dan planne beraam word om die groei en vooruitgang van die dorp te bevorder.  Hierdie voorstelle sal dan deur die Sakekamer aan ons lede voorgelê word.

Die tweede  aksie waarop daar besluit is, is om te fokus op die “Supplier Support Programme” (Die sogenaamde “Supply Chain Management” of Voorsiening- en Verskaffingskanaal).  Geen party of besigheid  (diensverskaffer) kan met die Overstrand Munisipaliteit besigheid doen indien daar nie voldoen word aan hulle vereistes nie, sowel as dat die korrekte prosedures gevolg is en die nodige dokumente voltooi is nie. 

Hierdie dokumente sluit ook in die verskaffing van ‘n “Tax Clearance” sertifikaat wat jaarliks hernu moet word.  Ons wil ons lede aanmoedig en ondersteun om aan hierdie vereistes te voldoen sodat hulle op die Munisipaliteit se voorkeurverskafferslys kan kom en sodoende genader kan word vir besigheid.  Gansbaai Sakekamer poog om deur hierdie aksies verdere ondersteuning aan ons besighede en gemeenskappe te verleen. Saam bou ons so ‘n beter toekoms.  
   
Rene Beukes Onder-Voorsitter

 Geskiedkundige Gebeurtenis

Rene Beukes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant