Plaasuitreikgroep

Plaasuitreikgroep

Gansbaai Courant

 “Die Plaasuitreikgroep wat hulle beywer om die Evangelie van Jesus Christus na plaaswerkers in die Baarskeerdersbos omgewing te neem, het wonderlike ondersteuning van die Kerkraadslede van die Baarskeerdersbosstreek van die NG-gemeente, Gansbaai gekry,” vertel Johan van Dyk.

Hy sê die gebruik van die Gemeenskapsaal op Baarskeerdersbos is uit eie fondse bewerkstellig om dit moontlik te maak dat Evangelie-dienste vir plaaswerkers nou elke 1ste en 3de Sondag van die maand om 09:30 daar kan plaasvind. “Hierdie dienste is gelyklopend met dienste in die NG Kerkgebou en die eerste diens vind reeds op Sondag, 20 Oktober 2013 om 09:30 plaas. “Die Uitreikgroep spreek graag hul opregte dank en waardering uit teenoor hierdie kerkraadslede en die lede van die Gansbaai Munisipaliteit wat hierdie aksie moontlik gemaak het,” sê Johan. “Die groep wil graag hiermee beklemtoon dat die dienste nie net vir plaaswerkers is nie, maar dat almal in die omgewing daar welkom is om dit by te woon.”

Hardus Botha

Plaasuitreikgroep

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant