In Memoriam Bessie van Boom

In Memoriam Bessie van Boom

Gansbaai Courant

Wyle Elizabeth Agnes van Boom, beter bekend as Bessie, is op 26 September 2013 in die ouderdom van 80 jaar oorlede.

Bessie is op 3 Augustus 1933 in die Kaap gebore waar sy ook grootgeword het, maar het in 1970 na Gansbaai gekom. Haar dogter, Anita Reinke van Gansbaai Fabriekswinkel, vertel dat Gansbaaiers haar ma nie net vir haar “vis-en-tjipswinkel”, Die Anker Kafee waar Tiekie-Draai vandag staan, sal onthou nie, maar veral ook vir haar groot liefde vir hengel, “en ma Bessie het vele galjoene uitgetrek!”

Bessie was met Godfrey van Boom getroud en die egpaar het 4 seuns en 4 dogters, “met tientalle” kleinkinders. “Ons bedank graag almal vir die meegevoel-boodskappe, vele sms’e, blomme en ondersteuning wat ons ontvang het,” sê Anita.

Een van Bessie se ander dogters, Marlisha van Boom, het in die tydskrif Sarie van Julie 2012, onder andere die volgende geskryf het: “Wanneer ons vier broers en vier susters met Bessie se tientalle kleinkinders bymekaar is, word daar altyd baie gelag, geëet en musiek gemaak.

As jong kind onthou ek hoe my ma Sondagetes voorberei het, met opmerkings soos ‘hoeveel koppe hierdie keer…two, four, six….’, terwyl sy in die ry afgaan.

Sy was die beste kosmaker en seekoskenner gedurende die tagtigerjare in Gansbaai - soveel so dat sy vir haar en my pa ‘n ete tydens die opening van die Parlement losgepraat het.

In haar vis-en-tjipswinkel kon sy ure lank met besoekers en vakansiegangers praat.
Dan het sy ook na die destydse Adjunk-minister, Leon Wessels, verwys en gesê hoe hy hulle ‘die groot bederf’ gegee het.”

Bessie laat haar eggenoot, Godfrey, 8 kinders en vele kleinkinders agter. “You will be sadly missed and your legend will live on…!”

Hardus Botha

In Memoriam Bessie van Boom

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant