Fraternal se 1 dag Konferensie

Fraternal se 1 dag Konferensie

Gansbaai Courant

Voor vlnr is die organiseerders, ds Dennis Naidoo en past Beryll Coetzer saam met die gassprekers Aletia en dr Okkie Grundling, met die sprekers vanuit Gansbaai se geledere agter hulle

Die Ministers Fraternal van Gansbaai het ‘n suksesvolle Eendagkonferensie Gemeen-skapsontwikkelings-ontbyt op 19 Oktober aangebied wat positiewe gevolge vir Gansbaai se gemeenskap kan inhou.

Dr Bobo van Zyl het die verrigtinge geopen en ‘n ontspanne atmosfeer is met ‘n smaaklike ontbyt, geborg deur OK Foods Gansbaai, onder die teenwoordiges geskep.

Die Konferensie is deur ds Dennis Naidoo en past Beryll Coetzer gereël en sowat 30 gemeenskapsleiers het dit bygewoon. “Dit is ‘n gemeenskapsopheffings-werkswinkel vir die mobilisering van beter psigiologiese, fisiese, finansiële en geestelike ontwikkeling,” het ds Naidoo gesê. Die gassprekers, dr Okkie Grundling en sy eggenote, Aletia is van die Monte Christo Miqhat Christian (MCM) in die Paarl. As aanknopingspunt het dr Grundling die agtergrond en uiteindelike doelwitte van só ‘n werkswinkel uiteengesit, met hulle werksaamhede in die Paarl as voorbeeld. Aletia het in ‘n Powerpoint-aanbieding uitgestippel wat MCM in die Paarl alreeds bereik het en wat ook in Gansbaai bereik kan word. Gansbaai-sprekers, vanuit ‘n wye spektrum van die gemeenskap, is daarna aan die woord gestel, wat Overstrand munisipaliteit, Gansbaai Sakekamer, Gansbaai Toerisme, Gansbaai SAPD, Badisa, Gemeenskapspolisiëringsforum, Gansbaai Slagoffer Ondersteuningskamer, asook gemeenskaps- kerk- en ander leiers. Die teenwoordigers is daarna in 4 groepe verdeel vir samesprekings en terugvoering.

Die belangrikste aspekte vir Gansbaai wat vorendag gekom het, is armoede, dwelms en onderlinge samewerking teen hierdie probleme. “In Gansbaai het ons reeds al die bestaande strukture waarvoor MCM in die Paarl baie hard voor moes werk - al wat in Gansbaai indringend na gekyk moet word is ‘n koördinerende liggaam om aktief van hierdie strukture gebruik te maak - met almal se heelhartige samewerking,” is die belangrikste gevolgtrekking waartoe gekom is.

Dr Grundling het die samesprekings soos volg opgesom: “Die doel was om ‘n inklusiewe eenheidsforum te vestig wat die kritiese gemeenskaps-ontwikkelingsprobleme en behoeftes identifiseer en ooreenkomstig die beginsels van gesamentlike beplanning en implementering, sal help transformeer. Die voertuig van die eenheidsforum sal inklusiewe multi-dissiplinêre vennootskapsamewerking wees. Die werkswinkel het konsensus bereik oor (1) kritiese prioriteite wat onmiddellike aandag moet geniet en (2) ‘n aangewysde komitee wat die beplanningsproses verder sal lei en wat die verteenwoordigende belangegroepe in die Leraarskring sal verteenwoordig.” Deon Kloppers, Bobo van Zyl, Jolandi Sauls en John Collins is as voorlopige komiteelede, in samewerking met Gansbaai Fraternal, aangewys om die leisels in hierdie groot taak van onderlinge samewerking op te neem.

Navrae rakende Gansbaai Fraternal kan aan ds Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.

Hardus Botha

Fraternal se 1 dag Konferensie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant