Pienkdag vir Bietoubossers

Pienkdag vir Bietoubossers

Gansbaai Courant

Die Bietoubossers se Pienkdag vir Borskankermaand, met vlnr Annette van Zyl (voorsitter) saam met Sunet Heyns wat ‘n blyk van waardering aan die gasspreker, Annelene Reinke oorhandig

Die Bietoubossers van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders se vorige byeenkoms was op Borskankermaand gefokus en die lede en gaste het pienk strikkies gedra en sommiges het sommer in pienk uitrustings opgedaag. Annelene Reinke van Pearly Beach het as gasspreker opgetree, met “Die Missie van Kansa” as tema. “Ons kan die impak van kanker in alle gemeenskappe van Suid-Afrika deur middel van gesondheidsbevordering aansienlik verminder deur voorspraak, volgehoue fasilitering van navorsing, voorkoming, vroeë opsporing en sorg,” het Annelene gesê.

Sy het onder andere die volgende statistieke rakende borskanker aan die Bietoubossers voorgehou: 1 uit 29 vroue sal in hul leeftyd met borskanker gediagnoseer word; 8 uit 10 knoppe is nie kwaadaardig nie; 1% van borskankergevalle kom by mans voor; 80% van borskankergevalle is hormoon-verwant; 70% van borskanker word by vroue bo 55 gediagnoseer; die jongste borskankerpasiënt in Suid-Afrika is slegs 9 jaar oud. “Alhoewel meer gevalle aangemeld word, is die sterftes minder as gevolg van vroeë diagnoses, groter bewustheid van kanker en die vooruitgang op die gebied van medikasie en behandeling.”

Sy het afgesluit met die volgende ernstige aanbeveling: “Fokus op vroeë diagnose en doen gereeld selfondersoeke en gaan gereeld vir mammogramme - borskanker hoef nie ‘n doodsvonnis te wees nie.” Elnette du Toit van KANSA herinner betrokkenes aan die borskanker-bewusmakingsdag in samewerking met Hermanus Medi Clinic op 30 Oktober. Drs de Flamingh en Truter sal vanaf 9:00 - 18:00 gratis borsondersoeke doen. Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is in die vorm van ‘n uitstappie na die Birkenhead Bierbrouery te Stanford op Dinsdag, 12 November 2013.

“Lede moet aub voor of op 4 November laat weet of hulle saamgaan ten einde ‘n plek te verseker,” versoek Annette van Zyl, voorsitter. Vir navrae kan Annette by 028-384-1075 gekontak word.

Hardus Botha

Pienkdag vir Bietoubossers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant