Academia Valedictory dag

Academia Valedictory dag

Gansbaai Courant

Dit voel soos gister wat die eerste matriekklas van Academia deur die dorp gestap het met hul laatse skooldag. Vinnig het die tyd verbygevlieg en die tweede matriekklas het deur die dorp gestap om hul eksamennommers te ontvang en vir oulaas totsiens te sê. Vir party was dit ‘n emosionele dag en vir ander een van blydskap om eintlik klaar te wees na 12 jaar op die skoolbanke.

Die leerders het by die AGS kerksaal bymekaargekom waar die personeel van Tolbos ‘n heerlike ontbyt bedien het. Daarna is daar deur die dorp gestap na die skool. Die huidige graad elf leerders het ‘n erewag gestaan en matriekleerders en hul ouers het die saal binnegestap. Toesprake is gelewer deur Pastoor Prins, mnr Wilson, prinsipaal, mnr Ernst Niewoudt, voorsitter Skoolbeheer-liggaam, Bianca de Koning, hoofmeisie, Monica de Gouveia, hoofmeisie 2014 en mev Carien Fortuin, graadhoof.

Elke leerder is individueel na die verhoog geroep en het hul eksamennommers ontvang. ABSA bank het ‘n klein geskenkie uitgedeel om te help met die studiesessies. Baie dankie aan Mev Yvonne Roux en personeel van ABSA Gansbaai. Daar was ook drie prettige pryse uitgedeel, een vir die trotse Sharkie wat aan Jolene Filander en Juandre Spies gegaan het, die hardwerkendste Sharkie is toegeken aan Cameron Marthinus en die deurmekaarste Sharkie aan Felix Visser. Nou lê die groot leer voor en wag ons in spanning vir die dag wat die uitslae kom.

Liezel Mostert                                   
Foto's : Lizette Botha

Academia Valedictory dag

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant