Twee Renosters Gered

Twee Renosters Gered

Gansbaai Courant


Die renosterkoei nadat sy gepyl is om haar horing te behandel.

Ek was bevoorreg om die afgelope week deel te wees van ‘n span veeartse wat ingespring het om twee renosters te help. ‘n Horing is van ‘n renoster koei, wat hergroei het twee jaar nadat dit deur stropers afgekap is, chirurgies verwyder tydens ‘n twee ure lange prosedure.

Dit het deel gevorm van ‘n reeks werkswinkels wat deur die Suid-Afrikaanse vereniging van veeartse geborg is om veeartse op te lei oor hoe om renosters wat deur stropers aangeval en onthoring is en oorleef het, te behandel.

Die wit renosterkoei en haar bul is twee jaar gelede deur stropers onthoring. ‘n Gedeelte van die horing het intussen hergroei omdat dit nie algeheel uit die neusholte uitgekap was nie. Die bul se horing was egter algeheel uitgekap en het nie hergroei nie. Absesse het in beide diere ontstaan en daarom moes dit oopgemaak en dreineer word. In die geval van die renosterkoei moes die horing chirurgies verwyder word om toegang te verkry tot die absesse. Beide diere se oë is vir blindheid getoets aangesien skade aan die skedel en neus kon lei tot blindheid. Gelukkig was albei diere se sig normal. Die wonde aan beide se gesigte is baie groot en verskeie vel oorplantings tegnieke is al beproef maar sodra een gevind word wat werk sal die bul behandel word. Intussen sal beide diere se wonde elke 3 weke ondersoek en gemonitor word.

Charles Solyom van Gansbaai besig om x-strale te neem van die renosterkoei se horing om te bepaal hoe diep die absesse loop.

Dit was ‘n baie emosionele dag aangesien dieselfde bul, die eerste renoster was wat ek in 2005 gepyl het om ‘n draad strik aan sy agterbeen te verwyder.Om dieselfde dier agt jaar later te sien sonder sy horing en absesse wat al twee jaar vir hom kwel en in pyn gelaat het was baie moeilik om te aanskou. Wanneer ek as veearts my werk moet doen, fokus ek op die probleem onder hande. Wanneer als egter afgehandel is en mens stil raak, slaan die realiteit jou tussen die oë.

Daar is reeds 745 renosters gestroop in 2013, dit maak 3% van die totale orige renoster populasie uit. En dit is slegs gevalle wat aangemeld is en die media bereik. Die renoster kalfies wat wees gelaat word, die dragtige koeie se fetusse en die wetlik “gejagte” renosters se syfers is nie hierby getel nie!

Kort op die renoster se hakke is ons olifante wat gestroop word teen ‘n tempo van  8% van die totale olifant bevolking in die wereld per jaar. Dit is vinniger as die renosters en in 2012 is 46 000 olifante gestroop vir hulle ivoor. En derdens is ons leeu populasie op pad uit. Leeus word deesdae “wetlik” gejag vir trofees en vir hulle bene na die ooste aangesien die bengaalse tier so te sê uitgeroei is.

Hoe ironies is dit dat Suid-Afrika se geld eenheid die laagste dinominansie het vir die 3 spesies wat op die rand van uitwissing is. R10 Renoster, R20 Olifant, R50 Leeu….. Is dit wat die diere vir ons as bevolking werd is? Drie spesies se uitwissing in my en jou leeftyd!!!

Gansbaai se groei is afhanklik van toerisme en so ook Suid-Afrika deur toerisme as gevolg van die “GROOT 5”. In 2012 is 900 000 permitte uitgereik deur die regering vir die uitroei van predatore in die Wes-Kaap alleenlik! Dit beteken die handjievol luiperds wat oor is val ook daaronder en dan is die luiperd ook weg uit ons midde.

So wanneer vier uit die vyf van die “Groot Vyf” uitgeroei is sal daar net buffels oor wees en geen toerisme aantreklikheid meer skep vir Suid-Afrika as droom bestemming nie. En dit alles as gevolg van vraatsug en naiiwiteit.

ELKE persoon in Gansbaai en in Suid-Afrika KAN betrokke raak en sy deel doen om te veg vir die voortbestaan van ons diere! Moet nie jou kop wegdraai en hoop dat iemand anders sal baklei vir die oorlewing van die diere nie.

Raak betrokke, bemagtig jouself met kennis, teken petisies, laat jou stem hoor! Saam kan ons almal ‘n verskil maak, die horlosie tik vir drie spesies en as ons nie nou begin optree nie is die tyd verby. Dan sal die Groot Vyf slegs oorleef op ‘n prentjie op ons geld eenheid…..of miskien nie eers nie.

Dr. Liesel Trollope

Twee Renosters Gered

Dr Liesel Trollope

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant