Geestelike Vrouediensafsluiting

Geestelike Vrouediensafsluiting

Gansbaai Courant

‘n Deel van die nuwe komiteelede van die NG Vrouediens, asook die uittredende lede, met agter vlnr Dalena Wessels, Anita Huysamen, Amanda le Roux, Fransil Kotse, Danie Swart, Marina van Dyk, Alta van Niekerk en Susan van Heerden. Middel is Elcine Hulme, Margareth Wessels, René le Roux en Elize Eygelaar met Stienie Geldenhuys voor.

Die Vrouediens van die NGK-gemeente se onlangse diep geestelike jaarafsluitingsfunksie het diep indrukke op die sowat 100 dames wat dit bygewoon het gelaat. “Die vier hoogtepunte in ons kerkjaar, naamlik Vleeswording, Lydingstyd, Opstanding en Pinkster was pragtig en in toepaslike kleurskemas in die vier hoeke van die saal uitgebeeld,” vertel Elcine Hulme, voorsitter van die Vrouediens. Dr Lisel Joubert het kortliks die betekenis van elke periode wat uitgebeeld is, op insiggewende wyse met die dames bespreek. Daarna het Fransil Kotze (Vleeswording), Susan van Heerden (Lyding), Marina van Dyk (Opstanding) en Luna Auret (Pinkster) onderskeidelik hul ervarings met die dames gedeel. “Na elke spreker het die dames staande ‘n toepaslike lied saam met die stemme en musiek van Jan de Wet en Piet Smit gesing. Ons laaste toewydingslied was die Onse Vader wat ons as ‘n gebed gesing het, terwyl net die kerse in die saal gebrand het en ons het werklik die nabyheid van God ervaar.”

Die nuwe Vrouedienskomitee vir 2014 is ook bekendgestel, terwyl afskeid geneem is van die uittredende lede Marina van Dyk, Elize Eygelaar en René le Roux. Die nuwe dagbestuur is: Elcine Hulme (voorsitter), Fransil Kotse (ondervoorsitter) en Hettie Oosthuizen (sekretaris). Die Streeksleiers op die komitee (alfabeties) is Alta van Niekerk, Amanda le Roux, Amelia Groenewald, Anita Huysamen, Dalena Wessels, Danie Swart, Ina Gericke, Margareth Wessels, Maryke van Rensburg, Stienie Geldenhuys, Susan van Heerden en Sylvia le Roux. Elcine sê die funksie is met heerlike verversings en samesyn afgesluit, terwyl etlike dames nog lank by elke uitbeelding vertoef het en die diepe betekenis daarvan herleef het. “Graag wil ons almal bedank wat hierdie mooi aand met ons gedeel het, asook elkeen wat met die pragtige saalversiering en heerlike verversings gehelp het,” sê Elcine.

Hardus Botha


‘n Gesellige oomblik tydens die NGK Vrouediens se jaarafsluitingsfunksie

Geestelike Vrouediensafsluiting

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant