Laaste funksie vir Birkenheaders

 Laaste funksie vir Birkenheaders

Gansbaai Courant

Vir oulaas en met verwysing na die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisies op 2 November is daar gesellig saamgekuier - elke gas met ‘n eie “piekniekmandjie”. Soos gebruiklik het voorsitter Raymond Rabe se Musiekfabriek vir ‘n gesellige aand gesorg.

“Die rede vir elkeen se eie piekniekmandjie, wat ons gebruiklike etes vanaand vervang het, is ons Jaareind- en Prysuitdelingsfunksie wat om die draai is,” het Raymond gesê. Om die finale lyste vir 2013 se kampioene gereed te kry, word Desember se boothengelkompetisie as die 1ste kompetisie vir 2014 gereken.

Gawie Krugel (links) en Johan Burmeister met hul pryse vir swaarste vis en -sak (Gawie) en swaarste bootgemiddeld (altwee)

‘n Nuwe sosiale klublid, Bryan King, vergesel deur sy eggenote, Marietha, het tydens die funksie sy lidmaatskap-kaartjie ontvang. Birkenhead Boothengelklublede word herinner aan die belangrike Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 29 November 2013 gehou sal word, asook die klub se prestige Jaareindfunksie saam met 2013 se pryse wat oorhandig gaan word, op Saterdag, 30 November 2013. Dan kan daar ook nou reeds kennis geneem word van die klub se jaarlikse en gewilde Oujaarsdans op 31 Desember vanjaar.

Algemene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

 Laaste funksie vir Birkenheaders

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant