Gansbaai Ministers Fraternal vuurwarm

Gansbaai Ministers Fraternal vuurwarm

Gansbaai Courant

Die nuutverkose komiteelede met ‘n bepaalde opdrag van Gansbaai Ministers Fraternal, met vlnr past Beryll Coetzer, John Collings, ds Dennis Naidoo en ds Deon Kloppers (die res van die komiteelede kon nie teenwoordig wees nie)

 “Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!” sê Psalm 133:1 so duidelik. “Dit is presies wat nou in Gansbaai besig is om te gebeur as die kerke en hulle leiers hande vat in die nuutverkose Gansbaai Ministers Fraternal Komitee. Ons wil niks anders doen as om dissipels van Jesus Christus te wees en die Koninkryk te bevorder nie! Ons wil begin doen wat die Here Jesus van ons vra om te doen. Gansbaai en omgewing is ons werksveld en hier wil ons met almal ’n pad stap van liefde, omgee en begrip,” sê ds Deon Kloppers. Die Komitee is tydens ‘n Eendagkonferensie Gemeenskapsontwikkelings-ontbyt op 19 Oktober deur die Gansbaai Ministers Fraternal saamgestel. Die lede is ds Dennis Naidoo (voorsitter) en past Beryll Coetzer (skriba), saam met ds Deon Kloppers, dr Bobo van Zyl (met sy sekundus as Norman Sauls), John Collings en past Jolandi Sauls. “Hierdie Fraternal is geen politieke platform waar elkeen sy eie ideologie of agenda wil propageer nie,” sê ds Kloppers.

“Ons visie is Gansbaai en sy mense, wat hulp en ondersteuning, begeleiding en vertroosting uit God se Woord nodig het. Almal wat wil saamwerk is welkom en elkeen sal ‘n ruimte kry om tuis te voel.” Ds Klopper verwys na enkele aktiwiteite wat aangebied gaan word: op 30 November om 09:00 bied past Frikkie Zeelie ‘n kinderpartytjie by Beverley Hills aan; op 16 Desember is daar ‘n gesamentlike Versoeningsdag-erediens om 09:00 in die NG-Kerkgebou; op 22 Desember is dit Kersliedere by Kerslig in Gansbaai hawe, in samewerking met die Lionsklub.

“Tydens hierdie feestelike geleentheid sal vis en brood aan behoeftiges uitgedeel word,” sê ds Kloppers. “Kom ons as Christene vat almal hande en laat ons saam aan die Koning hulde bewys. Aan God alleen die eer!”

Navrae rakende Gansbaai Ministers Fraternal kan aan ds Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.

Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal vuurwarm

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant