Minister Alan Winde ondersteun Gansbaai entoesiasties

Minister Alan Winde ondersteun Gansbaai entoesiasties

Gansbaai Courant

Gansbaai Sakekamer het Minister Alan Winde (Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling& Toerisme) besoek op Dinsdag 12 November in Kaapstad. Die doel van die besoek was om sy ondersteuning te vra vir 'n aantal sake wat ons voel belangrik is vir die groei van Gansbaai.

Sakekamer bestuur het sy lede uitgenooi om verdienstelike sake aan ons voor te lê om op die agenda te plaas. Hierdie sake is deeglik gekeur en daarna bespreek.  Ons afvaardiging het bestaan uit:Sakekamer–Voorsitter & Onder-Voorsitter as ook ons Uitvoerende Onder-Burgemeester (Raadsheer Pieter Scholtz). Heelwat tyd is spandeer aan die voorbereiding van die voorlegging aan Min. Winde.


Pieter Scholtz, Min Alan Winde, Rene Beukes, Fanie Bothma

Die voorlegging het bestaan uit 'n oorsig oor Gansbaai Sakekamer se werksaamhede en sake waarvoor ons ondersteuning verlang. Bylaes is aangeheg wat bestaan het uit: (1) Demografiese oorsig van Gansbaai deur Rdh Scholtz,  (2) Afskrif van die MOU (Memorandum van Verstand-houding) tussen Gansbaai Sakekamer en Overstrand Munisipaliteit en (3) AHI brief ontvang vanaf die Uitvoerende Hoof (Christo van der Rheede) met foto's van die Sakekamers wat die Entrepreneurskurses aangebied het.

Ons, as Sakekamer afgevaardigdes, was baie vriendelik ontvang deur die Minister, waar hy rustig en aandagtig geluister na ons voorlegging terwyl hy ook nodige notas gemaak het. Eerstens het hy Gansbaai gelukgewens met die puik voorlegging en die aantal verdienstelike sake wat ons in die onlangse verlede hanteer het. Hy het daarna die voorlegging deurgegaan en kommentaar gelewer. Ons het dit duidelik gestel dat ons gereed is om self die werk te hanteer en die inisiatiewe self te ontgin, ons benodig in sekere sake net sy ondersteuning en selfs advies oor hoe om die saak te benader.

Die besprekingspunte het baie goeie ondersteuning vanaf die Minister gekry. Wat veral opvallend was, is dat hy nie bloot vir ons name of kontak persone gegee het nie maar aangebied het om die betrokke Departemente of persone self te kontak met die versoek/opdrag dat hulle met ons in verbinding moet tree. Waar ons finansiële ondersteuning verlang het (soos t.o.v die PACA proses of die BR&Enavorsing), was sy reaksie baie bemoedigend en sal hy dit bespreek met sy betrokke Departement.                                                     
Vanaf sy kant het min. Winde ook spesifieke toerisme aangeleenthede op die tafel geplaas. So wou hy byvoorbeeld weet of Gansbaai gereed sal wees wanneer die pad na Elim voltooi sal wees. Hy het ons eers meer uitgevra en daarna 'n gesprek ontlok in die verband. Daarna het hy selfs baie verdienstelike voorstelle gemaak oor wat ons kan doen in Gansbaai om ons potensiaal meer te ontgin.

Ons sal meer inligting voorsien oor die besprekings punte en sy reaksie tydens ons volgende Lede vergadering.

Ons voel dat die besoek beslis die moeite werd was. Dit was duidelik dat Min Winde baie positief ingestel is teenoor Gansbaai. Die feit dat ons sy aksies steun deur reeds vir die 3de keer sy Departement se "Works & Skill" program te implementeer, het beslis bygedra tot hierdie positiewe ingesteldheid. So ook projekte soos die enterpreneurskurses wat indiensneming bevorder – dit is duidelik dat die probleem van groot werkloosheid swaar by hom weeg. Hy het baie ondersteunend opgetree en selfs vir ons inligting gegee oor aansporing skemas wat eers in 2014 in werking sal tree maar wat hy nou al vir ons aanmoedig om aan deel te neem wanneer dit aangekondig word. Dit handel oor die bevordering van indiensname.

Die minister het so lekker met ons gesels dat sy personeel hom twee keer moes herinner dat ons tyd al lankal om was. Ons voel beslis dat hy nou meer toeganklik vir ons sal wees en dat ons sy goedgesindheid moet benut om Gansbaai Sakekamer se inisiatiewe te ondersteun. Kom ons bly positief, identifiseer & ondersoek geleenthede- en pak die projekte dan energiek aan.

Fanie Bothma, Voorsitter - Gansbaai Sakekamer

Minister Alan Winde ondersteun Gansbaai entoesiasties

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant