Nasionale Onderwystoekennings

Nasionale Onderwystoekennings

Gansbaai Courant

Skole kry elke jaar die geleentheid om onderwysers te benoem vir die Nasionale Onderwystoekennings in 10 kategorieë van Uitnemendheid.
 
Laerskool Gansbaai het me Alana Louw (Gr 1-opvoeder) benoem vir Uitnemendheid in Laerskool Onderwys, waarna sy die 1ste plek in die Overbergstreek bereik het.  Hierdie kategorie sluit alle opvoeders vanaf Gr 1 tot Gr 7 in. 

Alana Louw

Die streekwenners het deurgedring na die Wes-Kaap Provinsiale rondte en die finaliste moes aan al die kriteria aan hul voorgehou voldoen en tydens ‘n 45 minuut Engelse onderhoud deur ‘n paneel beoordelaars, sowel as Unieverteenwoordigers, bewyse van hul werksaamhede voorlê asook ‘n klas van 15 minute aanbied.

Op Vrydag, 8 November 2013, is die Wes-Kaap Provinsiale wenners tydens ‘n Gala-geleentheid in Seepunt aangekondig. Hierdie wenners dring deur na die Nasionale rondte wat in Gauteng aangebied word.  Alana Louw het ‘n algehele 2de plek in die kategorie, Uitnemendheid in Laerskool Onderrig bereik. As deel van haar prys ontvang sy ‘n geskenkbewys ter waarde van R7 000.

Alana se kommentaar op hierdie ervaring is:  “Baie opvoeders is te beskeie om te sê hul sal dit doen as hulle genomineer word en ek is behoorlik daarin geboelie, maar nie ‘n oomblik spyt daaroor nie.  Dit was voorwaar ‘n ervaring, maar sonder die insette van die personeel en die “mooi dinge” wat my skoolhoof, mnr Eben van der Merwe vir die paneel beoordelaars gesê het, sou ek nie gekom het waar ek wel gekom het nie.  Ek wil alle opvoeders wat genomineer word aanmoedig om deel te neem – dit is die moeite werd! 

Wat die Gala-geleentheid betref – dit was fantasties!  Ek en my man is soos “celebrities” by die Protea Hotel in Kaapstad ontvang en behandel en die dinee in Seepunt was uitstekend georganiseer.  Ek is geseënd met twee uiteenlopende kinders en daarom is dit dalk vir my maklik om met alle kinders en ouers wat oor my pad kom, te assosieer en te doen wat ek kan tot voordeel van die kind.  Dit wat ek doen, is my passie en ek kan nie anders nie.  Ek verwag nie eer en verheerliking daarvoor nie, maar ek sal jok as ek sê dit was nie fantasties om die naweek soveel “glans”-behandeling te ontvang nie en die geskenkbewys was beslis ‘n bonus!  WOW!!!”

Nasionale Onderwystoekennings

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant