Fees Fees en nogmaals FEES

Fees Fees en nogmaals FEES

Gansbaai Courant

Dit is presies waar die reëlings tans staan…Fees, Fees en nogmaals Fees. Die jaarlikse Fees van die Ganse val vanjaar saam met 'n gholfkompetisie en die aanskakeling van die Kersliggies op Vrydagaand, 6 Desember, met die Straatfees in die middedorp die volgende dag op Saterdag, 7 Desember. Soos jaarliks die geval is, kan inwoners en besoekers weer na ‘n genotvolle dag uitsien. Die gewone sal vanselfsprekend daar wees: hoofkunstenaar, plaaslike kunstenaars, stalletjies vir Afrika (±30), biertent en veel meer. Die Fees se hoofkunstenaar vir Saterdagaand vanaf 19:00 tot 20:00 is Wynand Windpomp en daar kan beslis na sy optrede uitgesien word.

Vanjaar is daar onder andere ook twee nuwighede wat stalletjies betref. Die een sal ‘n egte poedingstalletjie wees, ‘n eerste vir die Fees van die Ganse, aangebied deur Huis Breda. Die tweede “nuwe” stalletjie sal beslis die aandag trek. Rian Malan van Intec Marine in die Kaap gaan die nuutste vorme en toerusting van mariene elektronika bekendstel. Onder andere sal dit alle elektroniese skeeps-navigasie intrumente insluit, wat sekerlik booteienaars en ook ander sal interesseer. Hy sal egter ook huishoudelike elektroniese toerusting en stelsels beskikbaar hê, onder andere weerstasies. Beslis ‘n stalletjie wat nie misgeloop mag word nie.

Die hoofaktiwiteite sal in die omgewing van Markstraat aangebied word - dus, soos Gansbaaiers lankal reeds gevra het, binne in die dorp.

Hou Gansbaai Courant dop vir meer volledige inligting nader aan die tyd. Maak dus nou reeds ‘n kalender-aantekening van Vrydagaand, 6 Desember en Saterdag, 7 Desember vir ‘n feestelike naweek soos min wat deur almal geniet sal word. Navrae kan aan Glenda Kitley by 072-291-5564 gerig word.

Hardus Botha

Fees Fees en nogmaals FEES

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant