Trotse Munisipale Amptenare

Trotse Munisipale Amptenare

Gansbaai Courant

Langdienstoekennings by Gansbaai Munisipaliteit, met mnr Kat Myburgh, Anton Johnny (10jr), Hantie Vermeulen (30jr) en rdh Pieter Scholtz, James Opperman (15jr) op die inlasfoto

Direk na die opening van Wyk 2 se Wyksvergadering deur rdh Pieter Scholtz, is etlike munisipale amptenare spesiaal verwelkom.

Rdh Scholtz het na hulle as ware staatmakers verwys en gesê die wykskomiteelede, asook die gemeenskap, kan met reg trots wees op sulke amptenare wat in diens van Gansbaai Munisipaliteit staan. Twee bevorderingsgevalle met ingang van 1 November is gelukgewens: Aron Jim en Johan Strydom, altwee na die rang van Trekkerdrywer. Die trotse langdiens-amptenare is Hantie Vermeulen (30jr), James Opperman (15jr) en Anton Johnny (10jr). Daarna het die amptenare wat spesiale kursusse voltooi het aan die beurt gekom. Vir die kursus Hazardous Chemical Substance is dit Len Loubser, Daniel Goosen, George van der Rad en Tanya Smit. Die kursus Working at Heights is deur Irene Kroukamp en Anton Vantyn deurloop, terwyl Reagen Doty ‘n N3 Water Treatment Practice kursus voltooi het.   

Hardus Botha


Trotse personeellede van Gansbaai Munisipaliteit wat toekennings ontvang het, met voor vlnr Irene Kroukamp, Tanya Smit en Daniel Goosen. Agter vlnr is George van der Rad, mnr Kat Myburgh, Reagen Doty, Len Loubser, rdh Pieter Scholtz en Anton Vantyn. 

Trotse Munisipale Amptenare

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant