Hulpfonds vir Lendi gestig

Hulpfonds vir Lendi gestig

Gansbaai Courant

Lendi Botha wat dringend fondse vir ‘n heupvervanging benodig

Lendi Botha van Gansbaai se regterheup het reeds gedurende 2011 probleme begin gee en in 2012 is sy gediagnoseer vir ‘n heupvervanging.

Sy is daarna op Tygerberg Hospitaal se waglys geplaas, met die ontstellende nuus dat dit tussen 10 en 12 jaar gaan duur alvorens sy ‘n kans op ‘n heupvervanging sal staan.

Lendi verkeer in konstante pyn wat op ‘n daaglikse basis vererger. Sy het gedurende 2005 vanaf Kroonstad na Gansbaai verhuis, waar sy onthou sal word vir haar werk by die destydse Susans Kafee vir sowat 4 jaar tot en met die verkoop van die kafee in 2008.

Met die kostes van ‘n heupvervanging wat tussen R150,000 en R180,000 beloop, het Lendi nou ‘n uitstekende geleentheid by ‘n Trust Organisasie ontvang om ‘n heupvervangings-operasie vir R35,000 te ondergaan.

Die enigste nadeel is dat sy reeds op 18 Desember vanjaar vir die operasie moet aanmeld, wat deur dr Brendon Dower van Cape Hip & Knee Practice uitgevoer sal word. Die totale bedrag van R35,000 moet 5 dae voor die operasie inbetaal word.
Die amptelike Hulpfonds wat gestig is, se besonderhede is soos volg: Bank - Nedbank; Rekening - Lendi Botha Help Fund / Hulpfonds; Tak - Gansbaai; Takkode - 13200500; Rekeningnommer - 1060757311; Tipe rekening - Lopend. Donateurs wat bereid is om ‘n bydrae te lewer, kan van genoemde inligting gebruik maak, maar ‘n fondsinsame-lingslys vir enige ander bedrae is ook beskikbaar.

Vir enige navrae en/of ondersteuning van Lendi se Hulpfonds, kan Gavin Engelbrecht by 076-187-1200 geskakel word, of skakel Lendi se dogter, Lizelle van den Berg by 072-433-8437.

Hardus Botha 

Hulpfonds vir Lendi gestig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant