VLV Gansbaai Nuus

VLV Gansbaai Nuus

Gansbaai Courant

Nuwe Bestuur (foto verskaf)

Dinsdagaand het Gansbaai VLV hul prys uitdeling gehou asook die afsluiting vir die jaar.

Ons het hierdie jaar afgeskop met soveel ywerige dames wat aan kompetisies deelgeneem het,  deurgedring het na konferensie in Villiersdorp, en van daar na die kongres in Stellenberg. Baie Geluk aan julle almal.

VLV hoogtepunt vir die jaar was in April, die Internasionale aand met 200 gaste wat kom reis het deur 10 lande, en tradisionele kos kon geniet. Ons maandvergaderings  is bygewoon deur nie minder  as 40 dames. Baie dankie aan al die sameroepers wat hierdie vergaderings so interessant gemaak het.

Dankie ook aan die Gansbaai Gemeenskap wat ons ondersteun het, en sprekers wat bereid was om sonder kostes, ons  te kom toespreek.

Esme van Dewenter (links) by stigterslid, tannie Silva (9O) wat haar 60ste knopie ontvang het. (foto verskaf)

Tannie Silva, een van ons stigterslede, wat elke vergadering bywoon het, het hierdie jaar haar 60ste knopie ontvang, en sy het in Julie 90 geword. 2013 se VLV Bestuur is onbestrede gekies, met Betty Knipe as nuweling.

Ons Kersfees "Hamper" is gewen deur Betsie Bester van Franskraal, Mariaan Lerm, Franskraal en Frank Tennik van Hermanus.

'n Spesiaale woord van dank aan die bestuur,  hulle ondersteuning en harde werk het gelei tot 'n baie suksesvolle 2013.

Ons nooi een en almal uit om gerus 'n draai te kom maak by die VLV. Ons vergader die eerste Dinsdag van elke maand om 15:00 in die Pretoriussaal.

2014 se Hoogtepunt is die 81ste Konferensie wat in Gansbaai aangebied gaan word. By voorbaat dank aan almal wat al begin help het met die beplanning daarvan.

VLV Gansbaai wens almal in die gemeenskap, VLV lede en besoekers, 'n baie vreugdevolle en Geseënde Christusfees en 'n Voorspoedige Nuwejaar toe.

Rienie Lüdick, Voorsitter

VLV Gansbaai Nuus

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant