Gansbaai Biblioteek

Gansbaai Biblioteek

Gansbaai Courant

Edna van der Linde by die Advent Kalender wat sy self gemaak het, wat spesiale verrasssings vir kinders gedurende Desember inhou

“Behalwe vir ons lede, is vakansiegangers hartlik welkom om van ons Biblioteeldienste gedurende die vakansietydperk gebruik te maak,” sê Sharman Geldenhuys, Gansbaai Biblioteek se Bibliotekaris. Sy sê voorwaardes sal geldig wees, terwyl ‘n versoek ook aan vakansiegangers gerig word om hul persoonlike besonderhede op die stelsel op datum te bring. Dan moedig sy ook kinders aan om boeke gedurende die vakansietydperk uit te neem. “Kinders moet ook kennis neem van ons gewilde Inkleurkompetisie vanaf 1 tot 20 Desember,” sê sy.

Een van die personeellede, Edna van der Linde, het ‘n pragtige Advent Kalender op eie houtjie ontwerp en gemaak. Sharman sê hierdie kalender gaan vele verrassings vir kinders gedurende Desember inhou. Sharman en haar personeel bedank graag almal vir die goeie ondersteuning, maar veral die gereelde skenkers van nuwe boeke op ‘n gereelde basis. “’n Spesiale dankie aan Bettie wat op ‘n maandelikse basis nuwe boeke aan ons skenk,” sê Sharman. Die Biblioteek se vriendelike en behulpsame personeel bestaan uit Sharman Geldenhuys (Bibliotekaris), Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase.

Gansbaai Biblioteek se gerieflike bedryfsure is steeds Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30, met die volgende uitsonderings. Vrydag, 6 Des: 09:30 - 13:00; Dinsdag, 24 Des: 09:30 - 13:00; Woensdag, 25 Des: Gesluit; Donderdag, 26 Des: Gesluit; Dinsdag, 31 Des: 09:30 - 13:00; Woensdag, 1 Jan: Gesluit; Donderdag, 2 Jan: Gesluit. Na die vakansieseisoen sal sake weer normaliseer. 

“Namens myself en die personeel wens ek elkeen van u ‘n ontspanne feesseisoen toe, met ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar, wat ek vertrou met vreugde, sukses en goeie gesondheid gevul sal wees,” sê Sharman. Enige biblioteeknavrae kan aan 028-384-8300 (Munisipale skakelbord) gerig word. 

Hardus Botha

Gansbaai Biblioteek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant