Overberg Draaiklub Assosiasie

Overberg Draaiklub Assosiasie

Gansbaai Courant

Die draaiklub van Overberg het sy jaareindfunksie gehou op Saterdag 23 November. 12 Lede en hul gades het bymekaar gekom vir 'n heerlike braai aan huis van Attie en Alida Stander in Kleinbaai. 

'n Paar manne wat baie belanggestel het in draaiwerk, het nie amptelik in 2010 bymekaar gekom. In April 2012 begin die Overberg Draaiklub Assosiasie as deel van die Overberg Houtwerkers Assosiasie. In die begin van 2013 staan die Draaiklub op sy eie bene, alhoewel heelwat van die lede aan beide klubs behoort. Die draaiklub spog met 22 lede, waarvan  2 Dames is, 5 van Hermanus, en 1 van Kleinmond. Die maandvergaderings word baie goed byge-woon, en te oordeel aan die items wat die lede gebring het vir tentoonstelling by die braai, is dit 'n riem onder die hart om te sien dat daar opgelet en ingeneem word by die die vergaderings.

Een van die hoogtepunte was die Pendemonstrasie wat Hannes Lüdick, Voorsitter van die Klub, aangebied het. Daar is vele Gans-baaiers en elders wat nou  spog met 'n pragtige gedraaide houtpen. Die ander hoogtepunt was 'n "Peper Mill" kursus, ook aangebied deur Hannes. Die Draaiklub vergader elke 2de Donderdag in die maand, en skop al vroeg  in Januarie af. Die klub is oop vir almal, oud en jonk asook dames. Hannes bied ook draaiklasse en spesialiteit draai kursusse aan. Overberg Draaiklub wil dan hiermee aan al sy lede, Gansbaai Gemeenskap en Besoekers 'n Geseënde Christus Fees toewens en 'n baie Voorspoedige Nuwejaar.

Overberg Draaiklub Assosiasie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant